Linda Roothman

Linda Roothman is gebore en getoë op ’n Karooplaas in die distrik van Cradock in die Oos-Kaap. Sy matrikuleer in 1983 aan die Hoërskool Cradock en studeer BA aan die Universiteit van die Vrystaat met Afrikaans-Nederlands, Engels en Geskiedenis as hoofvakke en behaal ’n Hoër Onderwysdiploma (cum laude).

Sy werk as Afrikaans-onderwyseres totdat haar dogter en seun gebore word. Hierna maak sy vir ’n klompie jare kinders groot en tree weer terug tot die onderwys. Die gesin verhuis verskeie kere totdat hulle uiteindelik sedert 2015 in Ugie in die Oos-Kaap woon, waar sy steeds as Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Ugie werk. Sy behaal ’n Honneurs in Afrikaans (cum laude), MA in Afrikaans (cum laude) en uiteindelik ook ’n PhD in Afrikaans (linguistiek, letterkunde en tale).

Haar navorsingsfokus is die Afrikaanse letterkunde, met spesifieke verwysing na ekokritiek, transliggaamlikheid, dierestudies, kriptosoölogie, magiese realisme, die materiële, geologiese en ruimtelike wendinge in die letterkunde, die Antroposeen, antropogenese, geologiewording, geologiese tyd, die geomenswetenskappe, geokritiek, literêre geografie, bioregionaliteit en die onderaardse troop.

Duifblou deur Mariane le Roux: ’n lesersindruk

Linda Roothman Lesersindrukke 2025-12-02

"Ek beveel Duifblou aan as ’n nuttige gids in die helingsproses van tieners wie se lewens deur trauma ontwrig is."

Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie

Linda Roothman Resensies 2024-12-04

"Twa die tydloper is ’n boeiende roman oor die groei van die jong hoofkarakter tot volwasse vrou wat lesers sal meevoer en inspireer om hulleself te verwesenlik."

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Linda Roothman

Linda Roothman SteedsDink 2024-03-18

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Linda Roothman oor Karootekste en die Antroposeen.

’n Geogebaseerde blik op aardgesentreerde Karootekste | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Linda Roothman Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-01-30

Wat het ’n hamerkopnes en breking gemeen? Linda Roothman is ’n boorling van die Karoo en ’n onderwyser wat onlangs gepromoveer het oor die werk van Etienne van Heerden. In hierdie gesprek kyk sy na die invloed van die mens op die natuur, en gebruik Van Heerden se werk as ’n lens.

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Linda Roothman Resensies 2023-08-24

Eben Venter is by die Woordfees! "Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."

Top