Om tot ’n STAND te kom. Gesprekke rondom die voortbestaan van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika
2021-02-24"Met die Covid-regulasies het vele dansers, teatermakers, skrywers en feeste stil geword ... Nog meer, die infrastruktuur, of gebrek daaraan, is binne die sektor bevraagteken en opnuut bevestig. Dit is uit dié realiteit dat die STAND (Sustaining Theatre and Dance) Stigting geskep is. Een van hul eerste projekte was die loods van die Take-a-STAND-dialoë (in samewerking met die Toyota US Woordfees), ’n naweek van gesprekke tussen professionele teatermakers, dansers en kunstenaars wat verskeie vrae en kwessies binne die sektor benader het."
ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue
2020-09-16"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."
NouNet-mening: Genoeg is genoeg
2019-10-22"Meer as ’n maand gelede het optogte dwarsdeur die land uitgebreek nadat ’n Universiteit van Kaapstad student, Uyinene Mrwetyana, verkrag en vermoor is in Claremont se poskantoor. Die kwessie van geslagsgeweld teen vroue en kinders is landswyd debatteer, bespreek en bespiegel. ’n Gesprek het plaasgevind, beloftes is gemaak, en toe het die land weer stil geword, voortgegaan asof die probleem opgelos is."
Kanya Viljoen reg om die teaterwêreld op sy kop te draai
2019-08-15"Om eerlik met jou te wees, daar is vir my niks anders wat so lekker skryf soos Afrikaans nie. Dalk is dit omdat dit my moedertaal is, maar die klank, ritme, soms absolute anargie van die taal maak dit soveel makliker om daarmee te speel, te verniel en dan weer op te bou."
NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte
2019-08-02"Maar is ons, as samelewing, besig om stilte te verloor? Is die idee van stilte, soos sekere dierspesies, besig om uit die kollektiewe geheue van die samelewing te verdwyn? Kan ons wérklik stil word?"