Johannes Froneman

Johannes Froneman is ’n gewese joernalis, emeritus-professor in joernalistiek, kurator van die mediamuseum Mediamense.com en navorser. Hy is die skrywer van meer as 50 geakkrediteerde akademiese artikels, ses boekhoofstukke en die boek Ter wille van oorlewing, ideologie en geld – Perspektiewe op die geskiedenis van die Afrikaanse media (Akademia). Hy het die grade MA in Joernalistiek (Stellenbosch) en PhD in Bedryfskommunikasie (PU vir CHO) verwerf.

The front-line thinking of W.P. Esterhuyse, as reflected in the press (1973–1987)

Johannes Froneman Academic research 2025-07-29

“There was an unspoken partnership between Esterhuyse and the press that possibly played a significant role in preparing voters for reform.”

Die voorposdenke van W.P. Esterhuyse, soos weerspieël in die pers (1973–1987)

Johannes Froneman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-07-29

“Desondanks kan tot die gevolgtrekking gekom word dat Esterhuyse oor die beste deel van twee dekades as openbare intellektueel ’n rol gespeel het in die voorbereiding van Afrikaners vir ’n nuwe politieke en sosiale bedeling.”

’n Blik op Pretoria FM se pad na die middelmoot

Johannes Froneman Seminare en essays 2025-04-02

"Waar die ou Radio Pretoria ingebed was in ’n Boere-Afrikaner-versetkultuur, was dit nou ’n vennoot van Solidariteit – verset wanneer nodig, maar immer bouend aan ’n selfstandige gemeenskap."

Op soek na ’n billike beeld van die kerk

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-09-11

"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"

Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk

Johannes Froneman Menings 2024-07-02

"Sonder die bydrae van die Afrikaanse koerante sou Afrikaans as taal nie gegroei het soos wat wel gebeur het nie. As kampvegter vir Afrikaans op vele terreine was die koerante se rol onmeetlik. Dink aan die vestiging van moedertaalonderrig, Afrikaanse universiteite en die uitbou van die taal se woordeskat en segsvermoë."

UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek

Johannes Froneman, Maryna Blomerus Onderhoude 2024-06-19

"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."

Is Die Burger die nuwe Son?

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-05-14

"Gegewe die stryd wat koerante vandag het om lesers te behou, is dit seker nie onbillik om te vra of ’n vorm van populisme nie dalk noodsaaklik is nie. Maar dan ’n etiese populisme. Of sal dit ’n oksimoron wees?"

Die voortsetting van Die Transvaler as die Noord-Transvaler Metro, sy ondergang en die einde van Perskor

Johannes Froneman, Elvira Wood Seminare en essays 2019-10-04

"Uiteindelik is die voortbestaan van koerante, ook gemeenskapskoerante soos die destydse Metro, ’n ekonomiese magspel waarin die olifante die gras vertrap. Maar die storie hiervan word selde vertel."

Joernalistieke pogings tot vrede deur geregtigheid

Johannes Froneman Seminare en essays 2018-05-10

"In die lig van werk oor 'vredesjoernalistiek' word die vraag hier gevra of die joernalistiek van Schalk Pienaar (Die Beeld), Willem de Klerk (Die Transvaler en Rapport), Frits Gaum (Die Kerkbode), Doret Jansen (Wes-Transvaal Rekord) en Max du Preez (Vrye Weekblad) nie in ’n mindere of meerdere mate ’n konfronterende ('adversarial') joernalistiek verteenwoordig het wat juis ook geregtigheid en vrede gedien het nie."

Wie's die engel: kerk of media?

Johannes Froneman 2013-04-17 "Doodgewone liefdesdiens van die kerk ... voldoen nie aan koerante se daaglikse behoefte aan verkoopbare nuus nie ..." Kerkbode-korrespondent beskou die media se hantering van die kerk.

YouTube-onderhoud: Johannes Froneman

Johannes Froneman 2011-12-08 Johannes Froneman gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel van sy ervaring as mediapraktisyn en hoe hy eindelik as dosent by die NWU beland het. Verder bespreek hy sy en Christo Lombaard se gesamentlike LitNet Akademies-artikel.

’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport

Christo Lombaard, Johannes Froneman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-03-17

"Godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in die dagblad Beeld en die Sondagkoerant Rapport kom hier aan die orde, omdat sodanige verwysings soms prominent in opskrifte en beriggewing voorkom en dus (waarskynlik onbedoeld) ’n sekere blikpunt bied op gewone (veral Afrikaanse) mense se geloofsreaksies op die traumas wat met misdaad en ongelukke gepaard gaan."

Top