
'n Brief aan Gerrit Brand op die Sondag van die Laaste Oordeel
2013-03-11 "’n Kwarteeu. Dis ’n kwarteeu sedert ons mekaar in die teologieklas by Tukkies as eerstejaars leer ken het."
“’n Mens se plig lê altyd in die hede”: ’n Zen-Boeddhistiese aanvulling tot Bernard Stiegler se rolprentmatige fenomenologie van die tyd en die bewussyn
2011-02-01"In hierdie artikel betoog ek dat die diagnose van, en kuur vir, eietydse Westerse moderniteit wat Bernard Stiegler voorstel, ’n belangrike bydrae lewer tot die voortgaande ontwikkeling van die visie van ’n regverdige, erbarmlike maatskaplike wêreldorde, maar dat sy bydrae versterk mag word deur ’n dialoog met die Zen-Boeddhisme."

’n Lang blik op Westerse moderniteit
2010-04-15"As deel van ’n omvattende ondersoek oor die werk van Bernard Stiegler en uitgevoerde Europese moderniteit word in hierdie artikel ’n weergawe van die Westerse moderniteit aangebied waarvolgens die tegnologiese, teologies-filosofiese en sosio-institusionele oorspronge en kenmerke daarvan herlei word na die drie honderd jaar tussen 1150 en 1450."

Religie en Bernard Stiegler se "otium van die volk"
2009-04-02"In hierdie artikel word die eietydse filosoof Bernard Stiegler se begrip van die “otium van die volk” as nastrewenswaardige geestelike en politieke ideaal krities ondersoek."

Tegniek en Republiek: Wisselende vryheidsbegrippe in Afrikaner- en Suid-Afrikaanse politiek
2008-07-11"In hierdie artikel word die verskillende begrippe van vryheid wat sedert die Nederlandse vestiging aan die Kaap onder veral Afrikaners, en in mindere mate in die Suid-Afrikaanse politiek, voorgekom het, ondersoek met verwysing na die drie tegniese milieus of mediasfere waarin Afrikaners hulle tot dusver bevind het."