Janien Linde

Janien Linde is ’n senior lektor in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde in die Vakgroep Afrikaans en Nederlands van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Voordat sy in 2015 by die NWU begin het, was Linde aan die Universiteit van Johannesburg se Departement Afrikaans verbonde. Sy het ’n MA-graad in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde oor Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk voltooi asook ’n PhD-proefskrif in Algemene Taal- en Literatuurwetenskap (2018) oor metamodernisme, performatiwiteit en relasionaliteit in die oeuvre van Marlene van Niekerk.

Linde is sedert 2025 voorsitter van die Afrikaanse Taalkunde-en-Letterkunde-Vereniging. Sy tree ook op as die projekleier vir die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Letterkunde (DBAL) en is medeleier van die navorsingsprojek, Narrative Identity and Performance saam met prof. Ian Bekker (NWU).

Haar navorsingsbelangstellings sluit in Afrikaanse en Nederlandse prosa en poësie, literatuurwetenskap, post-postmodernisme, relasionaliteit, posthumanisme en postkritiese leesstrategieë.

Nuwe vakvereniging vir Afrikaans

Janien Linde Akademies en skole 2025-12-04

"Die ATLV is ’n inklusiewe vakvereniging wat kontak en samewerking wil bewerkstellig tussen enige persone wat in hul beroep en uit belangstelling die wetenskaplike ondersoek, onderrig en bevordering van die Afrikaanse letterkunde en taalkunde (en aanverwante vakdissiplines) nastreef."

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio

Janien Linde Boeke en skrywers 2025-09-22

"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."

UJ-prys 2024: Commendatio vir SJ Naudé se Van vaders en vlugtelinge

Janien Linde Boeke en skrywers 2024-10-16

Die 2024 UJ-prys is op 20 September aan SJ Naudé toegeken vir sy roman Van vaders en vlugtelinge. Lees Janien Linde se commendatio wat tydens die geleentheid gelewer is.

“A pause between origin and destination”: Heterochronicity and minor transnationalism in Marlene van Niekerk’s volumes of poetry Gesant van die mispels and In die stille agterkamer

Janien Linde Academic research 2019-12-10

“She faithfully focuses on her trade with excellence and determination to create small but stirring poems that transcend temporal and spatial boundaries.”

“’n Pouse tussen oorsprong en bestemming”: Heterochronisiteit en laterale transnasionalisme in Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer

Janien Linde LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-12-10

“Van Niekerk se tekste vernuwe telkens die verwagtinge van wat as goeie Afrikaanse letterkunde beskou word.”

’n Transnasionale poëtika in Afrikaans: ’n onderhoud met Louise Viljoen

Louise Viljoen, Janien Linde Onderhoude 2019-11-25

"Die Afrikaanse poësie is in die loop van sy ontwikkeling blootgestel aan ’n magdom invloede van oor die hele wêreld, met die gevolg dat dit al baie lank nie meer net gebaseer is op opvattings eie aan die spesifieke konteks waarin dit geskryf is nie." 

Boekresensie: Verlorenkop deur Celesté Fritze

Janien Linde Resensies 2016-08-19

"Verlorenkop is ʼn verdienstelike debuut wat ʼn verhaal vertel wat interesseer en gemaklik lees. Dit dra by tot die verruiming van die tradisie van die plaasnarratief in Afrikaans deur spesifiek die lesbiese perspektief daarop oortuigend weer te gee."

LitNet Akademies-leesgoed: Janien Linde

Janien Linde 2014-02-20  
Top