Jan Vermeulen

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie.

In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon.

In 2006 word sy kortverhaal “In ma se stoof” in die kortverhaalbundel Van spoke gepraat (Tafelberg) opgeneem.

Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Bybels en die leeukuil van grondbesit: ’n gesprek met Jan Vermeulen

Izak de Vries, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2023-08-16

"’n Dosent aan die Teologiese Kweekskool het eendag vir ons gesê: 'Wanneer jou gebed jou nie laat opstaan en ’n beter mens gaan laat wees nie, het jy nie gebid nie, maar gevloek.'"

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen

Naomi Meyer, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2020-03-03

"Die vonk vir die verhaal was ’n uitgebreide koerantberig oor georganiseerde onwettige hondegevegte in Gauteng en die bykans onmoontlike taak van wetstoepassers om die bedryf hok te slaan."

Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond

Naomi Meyer, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2019-10-10

"Vir my gaan dit dus nie in die eerste plek om te skryf oor die issues van jongmense of die issues van volwassenes nie. Dit gaan vir my oor hoe jongmense en/of volwassenes die vraagstukke van die lewe beleef en hanteer."

LAPA Jeugromankompetisiewenner 2015: Onderhoud met Jan Vermeulen (kyk ook foto's)

Jan Vermeulen, Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2015-07-08

"Een ding wat my by die idee vir die skryf van hierdie roman gebring het, was die besef dat jongmense te dikwels uitgelewer is aan ons grootmense se grille en geite en besluite en oordele (selfs wat hulle geestelike en spirituele lewe betref)."

Top