Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach is sowel skrywer as beeldende kunstenaar. Sy het al meermale die Hertzog-, M-Net-, W.A. Hofmeyr- en UJ-prys ontvang, en was twee keer die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Haar werk is in Engels, Nederlands en Frans vertaal. Haar mees onlangse roman, Voorouer.Pelgrim.Berg. het in Mei 2021 verskyn.

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede

Ingrid Winterbach Boeke en skrywers 2025-09-22

"Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg."

artwords – Omstrede terrein: drie skilders

Ingrid Winterbach artwords 2023-10-01

Die twee olieskilderye op doek, Bellini, skilder, Herr S en Swart & pienk dispuut, asook nog vier ander werke van Ingrid Winterbach, vorm deel van die groepuitstalling artwords by die Glen Carlou Galery, waar dit besigtig kan word tot 5 November.

’n Seereis

Ingrid Winterbach Stemme | Voices | Amazwi 2021-09-07

In Ingrid Winterbach se monoloog ’n Seereis is Albert Pretorius as Jan van Riebeeck aan die woord. Marthinus Basson is die regisseur. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.

Groot Romanwedstryd 2018: Ingrid Winterbach

Naomi Meyer, Ingrid Winterbach Skrywersonderhoude 2018-04-05

"Ek vind dat daar altyd genoeg is om oor te lag, maar ook om oor te huil, en genoeg waaroor mens net in stomme verbystering kan staan. Trouens, niks wat ek kan uitdink, kan meeding met sommige van die absurditeite van die Suid-Afrikaanse lewe nie."

US Woordfees 2015: Toorwoorde roep my by D-Street Gallery

Ingrid Winterbach, Clare Menck, Vernon Swart 2015-03-03 Kunstenaars tree met mekaar in gesprek by hierdie uitstalling by die US Woordfees 2015 – Valiant Swart se lirieke ontmoet die skeppings van kunstenaars soos Ingrid Winterbach, Strijdom van der Merwe en Clare Menck.

Die werklikheid wil fiksie word – Ingrid Winterbach oor haar wenmanuskrip in die GAR

Ingrid Winterbach, Bibi Slippers 2012-03-20 Ingrid Winterbach is onlangs aangewys as die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Sy gesels met Bibi Slippers oor vertwyfeling, die Suid-Afrikaanse werklikheid, en lewende wesens van allerlei aard.

ABSA Ketting: Jaco Botha gesels met Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach, Jaco Botha 2006-09-08 Waar is jy nou en wat doen jy? Ek is hier in Durban, besig met die voltooiing van 'n roman. Hoewel dit na die finale fase klink, sal ek nog minstens ses maande hiermee besig wees. Ten minste het die boek reeds 'n begin, 'n middel en 'n ...

ABSA Ketting: Ingrid Winterbach gesels met Eben Venter

Ingrid Winterbach, Eben Venter 2006-09-08 Waarmee is jy op die oomblik besig? Ek is die afgelope jaar en 'n half besig aan 'n nuwe roman. Dis 'n taai ene dié om uit te kry en by tye is die implikasies so donker dat ek voel of ek selfs daarvan wil ondergaan. Ek is ...
Top