Ilisna Nel

Ilisna Nel het ’n B.Ed FET-onderwysgraad in 2012 aan Sentrale Universiteit van Tegnologie verwerf en is ’n toegewyde onderwyser wat haar knieë deurskuur om vir haar matrieks te bid. Sy skryf ook graag en haar eerste kortverhaal, ’n Boer se verlange, word in die bundel, Skarlakenkoors ( Tafelberg) opgeneem. Daarna verskyn ’n tweede kortverhaal, Een, twee, drie blok myself, in die bundel, Nuwe stories 3 (Human & Rousseau) en nog ’n kortverhaal, Vlugteling, verskyn in die bundel, Hartlam (Tafelberg). Sy is ook ’n finalis in die LAPA/Kuier-skryfkompetisie en haar kortverhaal verskyn in Kuier van 26 Augustus 2015. Skryf is ’n passie wat sy graag verder sal wil uitleef en ontwikkel.

  • Foto: verskaf

Sonia

Ilisna Nel Fiksie 2020-06-24

"'Die dag wat ons jou gekry het, was ’n skroeiende Februarie ...' Sy skuif haar gemaklik. ’n Verhaal spoel oor sy lippe wat eers jare sou teister, maar later soos ’n sprokie sou voel." 

NouNet-mening: Sisteem, watter sisteem?

Ilisna Nel NouNet 2019-08-15

"Die sisteem het net oë vir die ouers, wat is nou so erg daaraan dat ’n kind haar bed natmaak en haar naels in die lewe afkou? Week vir week stry ons in die hof, die sisteem faal ons weer. Papierwerk is nie op datum nie. Huisbesoeke word nie uitgevoer nie." Ilisna Nel vertel van haar ervaring as ’n pleegmoeder.

Nuwe blomme op ’n ou graf

Ilisna Nel Fiksie 2017-11-28

"Sy wou haar kind hou. Van dag een af – dit was nie eers vir haar nodig om daaroor te wroeg nie."

Vlugteling

Ilisna Nel 2015-04-10 Dis Maandag. Haar voete is swaar. Swaarder met elke trap boontoe. Dae, weke, maande en jare se klim, werk jouself boontoe. Hoe hoog is boontoe? Klik, klik, klik die sleutels op die sleutelbord. ’n Eentonige hamer wat die wete oor-en-oor op die kop kap. Die wete dat sy seker nooit bo sal kom nie. Haar […]

Liefde op papier: Lyf

Ilisna Nel 2015-01-06  Groen, ja dis groen
jou oë – loop die pad wat
my are oor my naakte lyf gooi.

Nuwe Stories 3: Onderhoud met Ilisna Nel

Naomi Bruwer, Ilisna Nel 2014-12-15 Nuwe Stories 3 is pas gepubliseer as eindresultaat van die Nuwe Stories-skryfkompetisie wat deur Human & Rousseau in samewerking met LitNet aangebied is. Ilisna Nel antwoord 'n paar vrae.

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Een, twee, drie, blok myself"

Ilisna Nel 2014-06-10 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Een, twee, drie, blok myself"

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Een, twee, drie, blok myself"

Ilisna Nel, Anoniem 2014-04-22 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste weergawe van "Een, twee, drie, blok myself"
Top