Liefde op papier: Lyf

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Lyf

Groen, ja dis groen
jou oë – loop die pad wat
my are oor my naakte lyf gooi.
Vyf vingers
vyf vingers vind hul pad
soekend na rusplek.
’n Slaggat in my middel, nawel;
moederliefde, verander. Begeerte
begeerte spring saam my hart trampolien.
Stilstand wanneer jou afdruk raak -
raak aan die rondings se piek.
Vel teen vel.
Jou asem dans die tango,
myne wals – dans o liefling dans.

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top