Heino du Plessis

Heino du Plessis

Heino du Plessis matrikuleer in 1999 aan die Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine en studeer eers Teologie en Sielkunde voor hy sy Graad in Drama aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy het vir twee jaar voltyds op die verhoog gewerk voordat hy homself vir sewe jaar as ’n onderwyser in Afrikaans, Engels, Drama, Kuns en Kultuur en Lewensoriëntering uitgeleef het. In 2015 het hy na Worcester verhuis waar hy in die boekbedryf begin werk het, eers as boekwinkelbestuurder en later by LAPA Uitgewers as ’n bemarker. Tans is hy woonagtig in Pretoria en werk voltyds in bemarking, kommunikasie en sosiale media vir LAPA Uitgewers. Heino dien ook saam met Karin Behrens en Marion Erskine op die administrasiepaneel van Lekkerleesboekrak op Facebook; ’n forum waar alle uitgewers se boeke bespreek word.

NouNet-mening: Skuldlas

Heino du Plessis NouNet 2019-08-02

"Waarom het ek nie hierdie goed op skool geleer nie? Wiskundig kan ek Sin, Cos en Tan om mooi kurwes op grafieke te trek, en ek kan Shakespeare verstaan, ek weet waar Saul vir Oupoot moes skiet en ek weet darem waar goud op die periodieketabel lê. Maar van belasting, lenings, bankrekenings, rentekoerse, dienskontrakte, en aansluitingskontrakte moes ek op die harde manier leer."

Rookskerm deur Joubert Odendaal: ’n resensie

Heino du Plessis Resensies 2019-04-01

"Joubert Odendaal het die talent om situasies haarfyn te beskryf sodat jy werklik in vervoering kan raak oor die kleiner besonderhede, maar in ’n spanningsroman kan dit ongelukkig soms die spoed van jou verhaal breek."

Top