Gerhard van Huyssteen

Gerhard van Huyssteen (52) is professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit. Hy dien van 2005 tot 2021 op die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en was voorsitter van dié liggaam van 2013 tot 2021. Van 2009 tot 2014 dien hy ook op die paneel van mensetaaltegnologiekundiges van die Departement Kuns en Kultuur. Hy is onder andere ontvanger van die Elizabeth Eybers-beurs, die CL Engelbrecht-prys vir taalkundenavorsing vir sy aandeel in die publikasie van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, en die Stalsprys vir multi- en interdissiplinêre spanwerk. Van Huyssteen het sy PhD-proefskrif (2000) oor ’n onderwerp in die Afrikaanse morfologie gedoen en is sedertdien steeds as morfoloog aktief. Sy navorsingsfokus is ook op die ontwikkeling van tekstegnologietoepassings en verskeie elektroniese hulpbronne vir Afrikaans. Sedert 2019 is Van Huyssteen ook die projekleier van ’n multidissiplinêre projek oor vloek in Afrikaans en ander verwante tale.

Age and content advisories for Afrikaans books for children: results of a first qualitative and quantitative investigation

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer Academic research 2023-04-30

"In South Africa, the Films and Publications Act 65 of 1996 (South African Government 1996) provides the framework for controlling films and publications in South Africa. This includes the imposition of age and content advisories for films and television programmes (f-ACAs) by the Film and Publication Board (FPB). ... However, no similar advisories exist for books (b-ACAs), although this is the practice in the United States of America, for example. The aim of this investigation is to determine what Afrikaans speakers think and feel about b-ACAs for books for children."

Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek

Gerhard van Huyssteen, Monique Rabé, Martin Puttkammer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-04-30

"Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit."

What we (don’t) know about fok

Gerhard van Huyssteen Academic research 2022-12-13

"The purpose of this article is to give an exemplary summary of the existing linguistic descriptions and lexicographic treatments of the contemporary Afrikaans fok (“fuck”), and other related words, such as befok (fucking A), fokken (fucking), fokkol (fuck-all), and opfok (to fuck up), with a view to formulating a research agenda for Afrikaans swearword research."

Wat ons van fok weet (en nie weet nie)

Gerhard van Huyssteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-13

"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Gerhard van Huyssteen Akademies en skole 2020-11-04

Gerhard van Huyssteen reageer op Michael le Cordeur: "Die punt in hierdie artikel is dus dat Le Cordeur se voorstel om Kaapse woorde te behou wat reeds in die AWS opgeneem is, dalk wel onder skoot kan kom. Dit sal gaaf wees as die sprekersgemeenskap hieroor eensgesindheid kon hê, want dan weet ’n mens om die pad vorentoe met of sonder hierdie woorde te loop."

The orthographic realisation of compounds with and derivations of multiword proper nouns

Gerhard van Huyssteen Academic research 2016-12-13

From the corpus study it appears as if the orthographic integrity of multiword proper nouns is mostly preserved in these kinds of morphological constructions.

Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename

Gerhard van Huyssteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-12-13

"Uit die kleinskaalse korpusondersoek en meningspeiling wat geloods is, blyk dit dat die ortografiese integriteit van multiwoordeiename oorwegend behoue bly in komposita daarmee en gesuffigeerde afleidings daarvan."

Spelling is nie kinderspeletjies nie

Gerhard van Huyssteen, Naomi Meyer kykNET Portaal 2015-07-24

Skryf ek die woord los of vas? "Maklik! Skryf ʼn hutsteken (#) voor die woord en skryf dan alles vas! #maklikereël."

Onderhoud met Gerhard van Huyssteen – nuwe voorsitter van die Taalkommissie

Gerhard van Huyssteen, Naomi Meyer 2013-11-27 "Ek voel opgewonde ... Ek bedoel dit in sy oorspronklike betekenis: dit wat opgewen is. Dit voel of daar so baie is om te doen, so baie idees, so baie geleenthede. En al wat ek moet doen, is om daardie geleenthede te ontsluit ..."
Top