Frans Rautenbach

Frans Rautenbach is ’n advokaat in Kaapstad wat, soos hy dit stel, soos alle regsgeleerdes, sy bek vol het oor ander dissiplines as die reg. Sy prinsipaal het hoeka jare gelede tydens sy diens as prokureursklerk gesê: “O, jou onbekwaamheid is dus nie tot die regspraktyk beperk nie …?”

Frans bemoei hom dus ook met ander sake, soos die oplos van die land se probleme met sy onlangse boek South Africa Can Work wat deur Penguin uitgegee is, en raad oor hoe om die Krugerwildtuin te geniet (Jou Krugerwildtuingids met stories (Tafelberg)) en natuurlik soos alle Suid-Afrikaners, om naweke sport te kyk, en van die rusbank raad te gee.

Die nuwe Vrye Weekblad: ’n onderhoud met Max du Preez

Frans Rautenbach, Max du Preez Onderhoude 2019-03-27

Frans Rautenbach, wat Vrye Weekblad in 1990 in die hof verteenwoordig het, praat met Max du Preez, een van die redakteurs van die “ou” sowel as die nuwe Vrye Weekblad, oor die verlede en die toekoms.

Werkersdag, 1 Mei 2018

Frans Rautenbach Seminare en essays 2018-04-25

"Arbeidswetgewing in Suid-Afrika is die arbeidsmarkekwivalent van suikerbelasting. Dit maak arbeid duurder, net soos suikerbelasting koeldrank duurder maak."

Vandag gaan ek ’n klomp mense kwaad maak

Frans Rautenbach Rubrieke 2018-03-15

"Hulle doen presies wat die beroemde Wiepie al die jare na bewering gedoen het: hulle gooi die bal rond, geniet hulle rugby, vat kanse op die aanval, plaas hulle lywe op die spel op verdediging en skrum die water uit hulle teenstanders. Hulle onthou hoekom hulle as dertienjariges verlief was op die spel."

Cyril Ramaphosa: Hoe lank sal die wittebrood hou?

Frans Rautenbach Seminare en essays 2018-03-15

"Daar is miskien twee wittebrode hier, waarvan die eerste dalk al verby is."

Ramaphosa: The man who would be king deur Ray Hartley: ’n resensie

Frans Rautenbach Boeke en skrywers 2018-01-24

"Waar Ramaphosa: The man who would be king my onkant betrap het, is dat dit my gelaat het met ’n ietwat ongewone gevoel in hierdie dae: een van hoop."

#ANC54: Cyril Ramaphosa is die nuwe leier van die ANC

Frans Rautenbach Seminare en essays 2017-12-18

"Die Zuma-kandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma, is verslaan – ’n reuseslag teen korrupsie, want met Cyril het ons ’n kans dat die regerende party van binne af sal skoonmaak. Maar hierdie onbetwisbare seën bring ook sy eie vloek."

Sewes

Frans Rautenbach Rubrieke 2017-12-06

"Ek kan nie help om te glo dat Neil Powell in sy lewe nog nooit ’n sewesspan met rassekwotas in sy agterkop gekies het nie. Hy het gewoon die beste span vir elke wedstryd of toernooi gekies."

South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach

Frans Rautenbach, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-11-10

"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."

’n Muishond is nie ’n Springbok nie

Frans Rautenbach Rubrieke 2017-10-11

"As ’n mens Suid-Afrika se rugbyprestasie wil meet, dan is dit seker maar te verstane dat ons onsself teen die goudstandaard in wêreldrugby wil meet, en dit is Nieu-Seeland."

Leuens, statistiek, en sommer bôls

Frans Rautenbach Rubrieke 2017-09-14

"Ek het altoos geglo, soos ek op skool geleer het, dat die span wat meestal die bal het, die beste kans staan om te wen. Maar is dit reg?" Frans Rautenbach skryf oor rugbystatistiek en Saterdag se wedstryd teen Australië.

Top