Eugene Pienaar

Ek is 69 jaar oud, woonagtig in Lichtenburg, NW. Ek het na my aftrede in 2022 begin skryf en tot dusver heelwat suksesse behaal, wat insluit verskeie kortverhale wat in Huisgenoot, asook verskeie ander bundels gepubliseer is. Ek is ook drie agtereenvolgende jare aangewys as finalis in die jaarlikse RSG-radiodramakompetisie en was wenner of naaswenner van ’n aantal skryfkompetisies. Radio is ’n ander passie en wanneer ek nie skryf nie, hou ek my besig met die opneem en vervaardiging van luisterstories in die vorm van radiodramas en voorlesings.

Die spook van Willempie Jooste

Eugene Pienaar Fiksie 2025-12-19

“In die jare daarna het ek hom dikwels in die nagte gehoor huil daar in die toring. ’n Aanhoudende, deurdringende gekerm wat ’n mens laat voel asof jy gaan mal word daarvan. Ek kon nooit vasstel of dit Willempie se spook is wat nie tot rus kan kom, of my gewete wat aan my vreet nie."

’n Oog vir ’n oog

Eugene Pienaar Fiksiekompetisies 2025-02-20

"Maar dan lig William sy hand van die vloer af op en plaas dit op Ben se arm. 'My skuld ... is betaal, boer,' fluister hy byna onhoorbaar."

Spookradio 302 FM

Eugene Pienaar Slypskole 2022-11-17

Lees die finale weergawe van Eugene Pienaar se storie, "Spookradio 302 FM". Hy het deelgeneem aan die LitNet-slypskool Om te skryf.

Spookradio 302 FM (weergawe 2)

Eugene Pienaar Slypskole 2022-09-29

Lees die tweede, verbeterde weergawe van Eugene Pienaar se storie, "Spookradio 302 FM". Hy neem deel aan die LitNet-slypskool Om te skryf.

Spookradio 302 FM

Eugene Pienaar Slypskole 2022-09-08

Lees die eerste weergawe Eugene Pienaar se storie, "Spookradio 302 FM". Dit is sy inskrywing vir die LitNet-slypskool Om te skryf.

Top