Elodi Troskie

Elodi Troskie is 19 jaar oud, maar het die siel van ’n 70-jarige catlady. Sy is ’n student op Stellenbosch en hoop om binnekort genoeg Frans te ken om haar lewenslange droom as redaktrise van Vogue in Frankryk te kan bewaarheid. Verdere toekomsplanne sluit in om in ’n dakwoonstel êrens in die een of ander stad in te trek en dit te versier volgens haar duisende Pinterest-boards. Sy dink sy het al heeltemal te veel tyd gemors om gedigte te lees en te skryf, maar die lewe sou so stil wees daarsonder.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elodi Troskie

Liné Loff, Elodi Troskie Skrywersonderhoude 2017-10-12

"In ’n perfekte wêreld is elke dag Sondag in ’n koffiewinkel in Buffelsbaai terwyl dit reën en ek ’n geel trui aan het terwyl ek na foto’s van vreemdelinge se katte kyk."

Gedigkompetisie: ’n onderhoud met die wenners

Liné Loff, Elodi Troskie, Sandra Norval Onderhoude 2017-04-04

"Gedigte doen hulself voor as momente. Soms is ek te laat – die woorde het my dan verbygegaan. Maar dis goed so. Want dalk was dit iets wat ongesê moes bly." Die wenners van LitNet se gedigkompetisie "Huis, woning, tuiste" gesels oor hulle huise, boeke en skryfwerk.

Huis, woning, tuiste: Elodi Troskie se inskrywings

Elodi Troskie Skryfkompetisies 2017-02-21

Lees Elodi Troskie se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Top