Didi Potgieter

Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê, verskyn in Januarie 2014 na sy dit as voorgraadse finalejaarskrysftuk in Kreatiewe Skryfkuns en Vertaalkunde aan die NWU geskryf het. Daarna sien vele ander Romanzas, Super Romanzas en novelles uit haar pen die lig. Tydens haar studies, wat ’n honneursgraad insluit, was sy ’n assistent by die ATKV-skryfskool, asook kopieskrywer en vertaler by die NWU se Bemarking en Kommunikasie-afdeling.
Didi wen in 2018 die ROSA Imbali-toekenning vir Liefde vir ’n ridder en in 2021 vir As dit voel soos liefde. Didi was ook al drie keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir romanses.

Foto: verskaf

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Nabetragting – ’n huldeblyk aan twee legendes

Didi Potgieter Aardklop 2024-10-09

"Albei produksies het gefokus op die lewens van hierdie ikone, hul tragiese afsterwe en die tydlose nalatenskap van hul musiek op die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap. Tog was my belewing van hierdie onderskeie stukke wêrelde uitmekaar."

In gesprek met Didi Potgieter oor Hoe om ’n hart te steel

Naomi Meyer, Izak de Vries, Didi Potgieter Skrywersonderhoude 2023-06-29

Didi Potgieter se stomende romanse Hoe om ’n hart te steel het pas verskyn. Naomi Meyer en Izak de Vries het haar vyf vrae elk gevra.

Inkommers deur Hans du Plessis, ’n resensie

Didi Potgieter Resensies 2022-11-15

"Is ons almal nie maar inkommers nie en is dit nie almal se verantwoordelikheid om die omgewing en die liefde vir die natuur vir ons nageslagte te bewaar nie?"

Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul

Didi Potgieter Resensies 2022-10-24

"Soos in van Paul se ander werke speel die moontlikheid van die bonatuurlike ’n belangrike rol in Murasie en die suggestie van die geeste van afgestorwenes wat net nie die plaas kon verlaat nie, is sterk motivering in bepaalde karakterhandeling."

Verbode drif deur Irma Joubert – ’n resensie

Didi Potgieter Resensies 2022-08-23

"Alhoewel die basiese storielyn die verhaal sonder twyfel in die kategorie van historiese liefdesverhaal plaas, is dit reeds van baie vroeg in die roman duidelik dat daar dieper temas ter sprake is, soos die gevolge van oorlog op mens en omgewing, ras- en klasverskille, asook vooropgestelde idees wat in die pad van betekenisvolle verhoudings kan staan."

Nuwe redaksielid by LitNet se Nuwe Skryfwerk: ’n onderhoud met Didi Potgieter

Naomi Meyer, Izak de Vries, Didi Potgieter Onderhoude 2022-08-04

"Ek het tydens my studies geleer dat kritiek (of in dié geval ’n afkeuring) my beste leermeester is."

Top