Danie Kloppers

Danie (DF) Kloppers is ’n departementshoof en wiskunde-onderwyser by Koster Intermediate School. Nadat hy aan die Hoërskool Koster gematrikuleer het, het hy aan die   destydse PU vir CHO (nou Noordwes-Universiteit) gestudeer waar hy onder meer ’n LLM-graad behaal het. Hy het sy verdere studie in onderwys by Unisa voorgesit. Hy het in 2021 sy PhD in onderwys onder leiding van Dirk Postma voltooi. Sy jongste artikel in LitNet Akademies (Opvoedkunde) is op sy proefskrif gegrond.

Danie is betrokke by skoolredenaars- en -debatskompetisies, beide as afrigter en beoordelaar. Hy tree ook van tyd tot tyd op as bemiddelaar in onderwys- en dissiplinegerigte geskille. Hy het ’n passie vir die ontwikkeling van gebalanseerde toekomstige leiers. Hy en sy gade, Annette, ’n grondslagfase-onderwyseres, is die ouers van Adri-Ané en Danie jr, maar ook van ’n aantal “WhatsApp-kids” aan wie hulle akademiese en emosionele ondersteuning bied.

Hy doen (as die tyd dit toelaat) akademiese navorsing en het reeds verskeie artikels in LitNet Akademies gepubliseer.

Trompie, Talaq and Trump: Introductory thoughts on the judgments in Women’s Legal Centre v President, RSA and Dobbs v Jackson Women’s Health Organization

Danie Kloppers, Henk Kloppers Academic research 2023-01-23

"To guide the discussion, we use the Trompie rule, which has been deduced from two quotes by Foucault and the recent reaction on Facebook to Corene De Wet’s discussion on Topsy Smith’s Afrikaans Trompie books in LitNet Akademies. The rule is aimed at critical evaluation rather than mere criticism."

Trompie, Talaq en Trump: Inleidende gedagtes oor die beslissings in Women’s Legal Centre v President, RSA en Dobbs v Jackson Women’s Health Organization

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2023-01-23

"Om hierdie bespreking te rig, maak ons gebruik van ’n proses van kritiese ontleding wat ons die Trompie-reël noem: om nie ander se menings, of die twee beslissings wat oorweeg word, met vooropgestelde idees te lees nie, maar om hul oorwoë denke en sosiale realiteite in ag te neem en daarteen te waak dat jou eie agtergrond die bespreking oorskadu."

Looking beyond school violence – the role of integrated healing education in changing school culture

Danie Kloppers, Dirk Postma Academic research 2022-06-21

"The aim of this research was to develop an alternative approach to school violence and education by shifting the focus away from school violence to an integrated healing approach (IHA) based on eight value-driven principles."

Om verby skoolgeweld te kyk – die rol van geïntegreerde helende onderwys in die verandering van skoolkultuur as ’n antwoord op skoolgeweld

Danie Kloppers, Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-21

"Die bespreking het aangedui dat geweld, mag en dissipline van mekaar onderskei moet word; dat skoolgeweld aan verskeie faktore te wyte is; en dat bestaande skoolkulture neig na ’n outoritêre en dissiplinegerigte benadering."

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

Melt Myburgh, Danie Kloppers Onderhoude 2020-10-01

"Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD."

“We are not just stats and facts!” The voices of teenage girls during the lockdown

Danie Kloppers Academic research 2020-09-23

"Participants in the empirical study were mostly of the opinion that the lockdown had a negative effect on human rights. They referred to police brutality, corruption and the restrictions on funerals."

“We are not just stats and facts!” Tienerdogters se stemme tydens die grendelstaat

Danie Kloppers LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-09-23

"Dit is te wagte dat COVID-19 self een van die tienerdogters se vrese sal wees, veral vanweë die pandemiese aard daarvan. Trouens, die virus is, saam met skoolverwante vrese, deelnemers aan die empiriese navorsing se grootste vrees."

Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Bernie Plaatjies, Henry Fillies Onderhoude 2020-07-02

"Soms is die bloedjies so oulik jy kan hulle opvreet en soms so onmoontlik jy wens jy het hulle opgevreet."

"Eish – this lockdown!" Research about teenagers’ experiences during the lockdown 

Danie Kloppers Academic research 2020-06-25

"Some were of the opinion that relationships, especially with parents, improved. Others referred to the stress and depression caused by remoteness, and on the other hand, the frustration of being in one another’s presence all the time."

"Eish – this lockdown!" Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat

Danie Kloppers LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-06-25

"Angs, spanning en depressie is algemene gevolge van ’n ramp, met navorsing wat aandui dat kinders meer as volwassenes daardeur geraak word."

Can a trust institute a defamation action? An exploratory investigation

Danie Kloppers, Henk Kloppers Academic research 2018-11-07

"The action for defamation can be extended to trusts in two ways: through statutory intervention or through judgments of the high courts. It is argued that the latter is preferable, because statutory changes take time and may result in some undesired effects."

Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2018-11-07

"In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is."

Voorbeeld van ’n Teengeweld-onderwys-lesplan vir Basiese Onderwys vir Volwassenes: vlak 1- en 2-leerders

Danie Kloppers, Geesje van den Berg Akademies en skole 2018-03-19

In ’n onlangse artikel in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn navorsing om volwassenes in die klaskamer teen geweld toe te rus. Kyk hier na ’n praktiese lesplan wat uit die gesprek voortvloei.

Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Geesje van den Berg Onderhoude 2018-03-19

"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."

Adult basic education as an antidote for violence against women and children

Danie Kloppers, Geesje van den Berg Academic research 2018-03-01

"Turning to possible solutions to this epidemic of violence, the participants agreed that education is an important vehicle, although some also referred to more severe punishment and a change in the social culture."

Top