Voorbeeld van ’n Teengeweld-onderwys-lesplan vir Basiese Onderwys vir Volwassenes: vlak 1- en 2-leerders

  • 0

Suid-Afrikaners leef in ’n gewelddadige samelewing. Baie mense leef daagliks in gewelddadige huishoudings. Is daar oplossings?

Estelle Kruger gesels hier met Danie Kloppers en Geesje van den Berg oor hulle artikel: Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders.

Hier onder deel die navorsers ’n praktiese lesplan.

Kloppers, DF. 2017. Paulo Freire se benadering tot leer en onderrig as teenvoeter vir die kultuur van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Med-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.


 

Lesinhoud: Geweld teen vroue en kinders

 

 

Inhoud

Kernelemente van Freire se benadering1

Doel van die les

Om leerders te sensiteer om aktief daarby betrokke te wees om geweld teen kinders in hulle huishoudings en gemeenskap die hoof te bied.

 

Duur van die les

Ses periodes van twee uur elk, versprei oor ses weke, en een periode twee en vier maande na die aanvanklike periodes.

 

Leerondersteunings­materiaal

Koerante met artikels oor geweld teen vroue en kinders, prente en foto’s van geweld; wit- (blaai-) of swartborde met kryt/penne.

 

Klasinrigting

• Deel die klas in groepe van ses tot agt leerders.

• Laat die leerders toe om in ’n kring te sit. Vir die eerste twee periodes behoort die groepe so ver moontlik homogeen (dws van bv dieselfde geslag, ouderdomsgroep en sosiale agtergrond) te wees. Verander aan die begin van periode 5 die groepe om so ver moontlik uit groeplede van verskillende geslagte, ouderdomme en sosiale agtergronde te bestaan.

• Laat die leerders gedurende die gesprekke toe om, as hulle nie in Afrikaans/Engels kan praat nie, in hulle moedertaal te praat en laat van die ander groeplede dan die inhoud in Afrikaans/Engels opsom.

• Onthou ook dat leerders die geleentheid gebied moet word om hul menings te gee, al gaan dit stadig!

• Onthou, jy werk met volwasse leerders. Die feit dat hulle nie kan lees of skryf nie, beteken nie dat hulle nie goed kan dink nie

• Kultuursirkels

• Dialoogvoering

• Kritiese bewustheid

• Rol van die onderwyser

• Liefde en respek

• Etiek

 

Periode 1

Inleiding, geweld in my gemeenskap

Leeruitkomste:

1. Om leerders oor hulle gemeenskappe te sensiteer.

2. Om leerders toe te laat om geweld te verwoord.

3. Om aan leerders die verskil tussen natuur en kultuur te toon.

4. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

5. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

6. Om leerders in staat te stel om gemeenskaps­probleme krities te ontleed.

Gee ’n kort inleiding om die leerders in te lig dat die volgende ses periodes hoofsaaklik ’n besprekingsklas gaan wees oor geweld teen vroue en kinders waar hulle hul menings kan gee.

Laat die leerders vir 90 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 30 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

Notas

•  Moenie te veel inligting oor die onderwerp gee nie, omdat dit die leerders kan beïnvloed.

•  Die onderwyser/tutor stel slegs die vrae en bestuur nie die groepsgesprekke nie. Hy/sy mag egter help waar die leerders vashaak.

1. Waar woon ek en hoe lyk my woning?

2. Hoe lyk die gemeenskap waar ek woon?

3. Kan ek die mense wat saam met en rondom my woon ’n groep of gemeenskap noem of is hulle almal vreemdelinge?

4. Wat maak my gemeenskap anders of uniek?

5. Wys aan die leerders prente en koerantuitknipsels of videogrepe oor geweld.

a. Wat beeld die beelde uit?

b. Wat is die woorde waarmee ons die beelde kan beskryf?

c. Watter emosies bring die beelde by ons op?

d. Wat doen die inhoud van die beelde aan elkeen van ons en ons gemeenskappe?

e. Is die beelde deel van die natuur of van kultuur [mensgemaak]?

6. Wat het ons as groep uit vandag se bespreking geleer?

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

 

Periode 2

Geweld teenoor vroue en kinders

Leeruitkomste:

1. Om leerders toe te laat om geweld te verwoord.

2. Om leerders in staat te stel om emosies te verwoord.

3. Om die oorsake van geweld in gemeenskappe te bepaal.

4. Om die oorsake van geweld teen vroue en kinders te bepaal.

5. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

6. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

Laat die leerders vir 90 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 30 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

1. Wat onthou ons van die vorige periode?

2. Wys aan die leerders beelde (prente, koerantfoto’s, videogrepe ens) van spesifieke vorme van geweld.

a. Watter vorme van geweld word uitgebeeld?

b. Met watter woorde kan ons die geweld beskryf?

c. Watter emosies roep die beelde by ons op?

d. Wat doen die inhoud van die beelde aan elkeen van ons en ons gemeenskappe?

3. Wat is die redes vir geweld in my gemeenskap?

4. Hoe lyk geweld teenoor vroue en kinders in my gemeenskap?

5. Wat is die redes vir die geweld teen vroue en kinders?

6. Wat het ons as groep uit vandag se bespreking geleer?

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

• Kultuur van stilte

• Woord en wêreld

 

Periode 3

Programme vir geweld teen vroue en kinders

Leeruitkomste:

1. Om bestaande programme oor geweld te bespreek.

2. Om leerders in staat te stel om emosies te verwoord.

3. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

4. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

Laat die leerders vir 90 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 30 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

1. Wat onthou ons van die vorige periode?

2. Is daar enige bestaande programme vir geweld teen vroue en kinders in ons gemeenskap?

3. Van watter nasionale, televisie- of ander programme vir geweld teen vroue en kinders weet ons?

4. Waarom werk die programme of werk dit nie?

5. Wat het ons uit vandag se besprekings geleer?

Versoek die leerders om vir die volgende klas brosjures, pamflette, advertensies, videogrepe ens van bestaande programme te bring.

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

• Kultuur van stilte

 

Periode 4

Maak en oorweeg planne om geweld te stuit

Leeruitkomste:

1. Om bestaande programme oor geweld te bespreek.

2. Om bedreigings teen TGO-programme te ondersoek.

3. Om waardes en norme in die leerder se gemeenskap te ondersoek.

4. Om leerders in staat te stel om emosies te verwoord.

5. Om oplossings voor te stel en krities te oorweeg

6. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

7. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

Laat die leerders vir 90 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 30 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

1. Wat onthou ons van die vorige periode?

As leerders nie pamflette gebring het nie, toon eie pamflette.

2. Wat sê die pamflette ens wat ons klas toe gebring het van bestaande programme?

3. Watter bedreigings en probleme kan ’n teengeweldprogram in my huishouding en gemeenskap te wagte wees?

4. Is daar norme en waardes betrokke by teengeweld­programme? Indien wel, watter?

5. Watter waardes en norme van die gemeenskap moet verander word?

6. Wat sal moontlik werk om geweld teen vroue en kinders die hoof te bied?

7. Wat is die voordele van elke plan?

8. Wat is die nadele van elke plan?

9. Wat het ons uit vandag se besprekings geleer?

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

• Kultuur van stilte

• Kritiese hoop

• Utopie

• Onderwys is polities

• Woord en wêreld

 

Periode 5

Implementering van ons planne

Leeruitkomste:

1. Om verskillende moontlikhede krities te oorweeg en besluite te neem.

2. Om doelwitte te formuleer.

3. Om waardes en norme te oorweeg.

4. Om bedreigings te identifiseer en die hoof te bied.

5. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

6. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

Laat die leerders vir 90 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 30 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

1. Wat onthou ons van die vorige periode?

2. Wat is anders en wat is dieselfde vir my in my nuwe groep?

3. Watter twee van die planne wat ons in die vorige periode bespreek het, kan ons aan skaaf?

4. Wat wil ons met die planne bereik?

5. Watter waardes en norme teiken ons?

6. Hoe gaan ons die bedreigings en probleme die hoof bied?

7. Wat het ons uit vandag se besprekings geleer?

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

• Praxis

• Kultuur van stilte

• Kritiese hoop

• Utopie

• Onderwys is polities

 

Periode 6

Implementering en praktyk

Leeruitkomste:

1. Om verskillende moontlikhede krities te oorweeg en besluite te neem.

2. Om wyses vir implementering te formuleer.

3. Om wyses vir evaluering te oorweeg en te formuleer.

4. Om in ’n groep ’n slagspreuk, lied of gedig te bedink.

5. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

6. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

Laat die leerders vir 60 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 60 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

LW: Leerders kan ook hul eie vrae oor die dag se tema formuleer en beantwoord.

1. Wat het ons as groep en ek as individu uit die afgelope vyf periodes geleer?

2. Hoe gaan ons ons planne implementeer?

3. Hoe gaan ons evalueer of dit goed werk?

4. Hoe kan ons ons program met ’n liedjie, gediggie of slagspreuk opsom?

Laat die leerders plakkate, videogrepe ens maak van hul program. Vertoon dit in die klas.

• Bewuswording

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Refleksie

• Praxis

• Kultuur van stilte

• Kritiese hoop

• Utopie

• Onderwys is polities

 

Periodes 7 en 8

Leeruitkomste:

1. Om die implementering van ’n program krities te oorweeg en besluite te neem.

2. Om ’n SWOT-ontleding van ’n program te doen.

3. Om die voortbestaan van die program te ondersoek.

4. Om waardes en norme te ondersoek.

5. Om leerders die geleentheid te bied om gesproke taal te oefen.

Laat die leerders vir 30 minute toe om die volgende vrae te bespreek en 90 minute om aan die groot groep terug te rapporteer.

1. Hoe vorder die implementering van ons programme?

2. Watter suksesverhale kan ons vertel?

3. Het waardes en norme van die gemeenskap verander? Indien wel, hoe?

4. Watter uitdagings het opgeduik wat ons die hoof moet bied?

5. Hoe kan ons die programme op ons eie aanhou dryf?

6. Om leerders in staat te stel om standpunte krities te oorweeg.

• Kritiese bewustheid

• Kritiese denke

• Dialoogvoering

• Probleemstellende onderrig

• Besinning

• Praxis

• Kultuur van stilte

• Kritiese hoop

• Utopie

• Onderwys is polities

 

1 “Kernelemente van Freire se benadering” verwys na sy benadering tot onderwys wat tydens die les toegepas kan word. Dié benadering word op ble 41–50 van die verhandeling behandel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top