Geesje van den Berg

Geesje van den Berg is medeprofessor en hoof van die Departement Kurrikulum- en Onderrigstudies in die Kollege vir Opvoedkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Na afloop van haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Lichtenburg voltooi sy haar BA, HOD en BA (Hons) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom (destyds die PU vir CHO), en daarna haar MA aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. In 2005 behaal sy haar doktorsgraad in opvoedkunde by Unisa.

Haar loopbaan begin as onderwysereres, gevolg deur dosentposte aan die destydse Vista, RAU en die Suid-Afrikaanse Kollege vir Onderwysersopleiding. Sedert 2002 is sy verbonde aan Unisa.

Onder haar studieleiding het 13 studente hulle meestersgrade en vier studente hulle doktorsgrade suksesvol voltooi – hoofsaaklik in volwassene-onderrig en kurrikulumstudies.

Wat navorsing betref, is sy geïnteresserd in hoe volwassenes leer, en het heelwat navorsing gedoen oor die onderrig en leer van volwassenes. Haar navorsingsveld fokus veral op e-leer in die konteks van afstandsonderrig. Sy koördineer tans ’n projek op hierdie gebied wat gebaseer is op ’n ooreenkoms tussen die Universiteit van Maryland Universiteitskollege (UMUC) in die VSA en Unisa. Vir hierdie projek het sy ’n navorsingstoekenning van Unisa ontvang.

Sy het verskeie ander toekennings ontvang, onder andere ’n prys van Unisa vir uitnemendheid in onderrig en ’n toekenning van Sjanghai Oop Universiteit (SOU) in China as besoekende dosent.

Voorbeeld van ’n Teengeweld-onderwys-lesplan vir Basiese Onderwys vir Volwassenes: vlak 1- en 2-leerders

Danie Kloppers, Geesje van den Berg Akademies en skole 2018-03-19

In ’n onlangse artikel in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn navorsing om volwassenes in die klaskamer teen geweld toe te rus. Kyk hier na ’n praktiese lesplan wat uit die gesprek voortvloei.

Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Geesje van den Berg Onderhoude 2018-03-19

"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."

Adult basic education as an antidote for violence against women and children

Danie Kloppers, Geesje van den Berg Academic research 2018-03-01

"Turning to possible solutions to this epidemic of violence, the participants agreed that education is an important vehicle, although some also referred to more severe punishment and a change in the social culture."

Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Danie Kloppers, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-03-01

"Aan die een kant is dit ’n hoogs beskaafde en intelligente samelewing, gekenmerk deur volgehoue wetenskaplike ontdekkings en ontwikkelings wat reise na Mars as ’n werklikheid stel. Aan die ander kant is daar klaarblyklik geen einde in sig vir maatskaplike ongeregtigheid en die kanker van onbeskaafde geweld teen vroue en kinders nie."

Top