Danie Kloppers

Danie (D.F.) Kloppers is ’n departementshoof en wiskunde-onderwyser by Koster Intermediate School. Hy het aan die Hoërskool Koster gematrikuleer waarna hy aan die  destydse PU vir CHO (nou Noordwes-Universiteit) gestudeer en onder meer ’n LLM-graad behaal het. Hy het sy verdere studie in die onderwys by Unisa voortgesit en in 2021 ’n PhD in die onderwys onder leiding van Dirk Postma voltooi.

Danie is, benewens sy skoolverpligtinge, ook betrokke by redenaars- en debatskompetisies van die ATKV en ander instellings, en as ’n nagraadse nasiener by Unisa. Hy het ’n passie vir die ontwikkeling van gebalanseerde toekomstige leiers. Hy en sy gade, Annette, ’n grondslagfase-onderwyseres, is die ouers van Adri-Ané en Danie jnr, maar ook van ’n aantal “WhatsApp-kids” aan wie hulle emosionele en ander ondersteuning bied.

Hy doen (as die tyd dit toelaat) akademiese navorsing en het verskeie artikels in LitNet Akademies gepubliseer.

Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Geesje van den Berg Onderhoude 2018-03-19

"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."

Adult basic education as an antidote for violence against women and children

Danie Kloppers, Geesje van den Berg Academic research 2018-03-01

"Turning to possible solutions to this epidemic of violence, the participants agreed that education is an important vehicle, although some also referred to more severe punishment and a change in the social culture."

Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders

Danie Kloppers, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-03-01

"Aan die een kant is dit ’n hoogs beskaafde en intelligente samelewing, gekenmerk deur volgehoue wetenskaplike ontdekkings en ontwikkelings wat reise na Mars as ’n werklikheid stel. Aan die ander kant is daar klaarblyklik geen einde in sig vir maatskaplike ongeregtigheid en die kanker van onbeskaafde geweld teen vroue en kinders nie."

Caveat magister! The expulsion of boarders from public school hostels due to non-payment of hostel fees

Danie Kloppers, Henk Kloppers Academic research 2017-06-20

"A number of public schools in South Africa indicate on their websites, on application forms and in letters to parents that a learner will be expelled from the school’s hostel if the hostel fees are not paid. In this article the legality of such expulsion is considered."

Caveat magister! Die uitsetting van kosgangers uit koshuise van openbare skole weens onbetaalde koshuisgeld

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2017-06-20

"Verskeie openbare skole dui in briewe, op webtuistes en in aansoekvorms aan dat ’n kosganger uit die skool se koshuis gesit kan word indien koshuisgelde nie betaal word nie. In hierdie artikel word besin oor die regsgeldigheid van uitsetting in die lig van nasionale en provinsiale wetgewing en hofuitsprake."

Restorative justice in cases of sexual offences and the judgments of the Supreme Court of Appeal in DPP v Thabethe and Seedat v S

Danie Kloppers, Henk Kloppers Academic research 2017-02-17

"[R]estorative justice processes should be used, albeit with the necessary caution in cases of sexual offences, conceding that training and a change of perspective are still necessary."

Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2017-02-17

"Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling."

Top