Amanda Swart

Amanda Swart was ’n dosent op die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (CPUT) se Fakulteit Opvoedkunde. Sy het Afrikaans (Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding) doseer en haar navorsingbelangstellings is taal, letterkunde, dekolonisasie, transformasie en akademiese geletterdheid. Sy was betrokke by verskeie komitees en stel steeds belang in die implementering van veeltaligheid en die onderrig van lees. Sy het in 2025 afgetree.

The use of hidden stories: community knowledge and autobiographical narratives in tourism education

Andries de Beer, Candice Livingston, Amanda Swart, Athi Ndita Academic research 2026-10-01

"The findings demonstrate that autobiographical storytelling provides an effective means of personalising tourism education while supporting curriculum decolonisation."

Die gebruik van verborge stories: gemeenskapskennis en outobiografiese narratiewe in toerisme-onderrig

Andries de Beer, Candice Livingston, Amanda Swart, Athi Ndita LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-10-01

"Die bevindinge toon dat studente, wanneer hulle toegelaat word om vanuit hul eie kulturele en sosiale kontekste te werk, narratiewe ontwikkel wat die kurrikulum vir hulle meer betekenisvol en kontekstueel verstaanbaar maak."

Sjaka S Septembir en die Beatniks: ’n lesersindruk

Amanda Swart Lesersindrukke 2026-09-21

"Daar is verskeie ander ooreenkomste tussen Septembir se karakters en dié van die Beatniks. Almal is outsiders en nonkonformiste; hulle lewe teen die stroom van die alledaagse lewe met besonder baie uitdagings."

Laurika Rauch – haar nalatenskap vir Afrikaans en Afrikaanse musiek

Amanda Swart Musiek 2025-05-13

"Laurika se genuanseerde vertolkings meet druppel vir druppel betekenis af. Sy glo musikaliteit lê in frasering, want dit kom uit die hart, die longe, die bekken. Musiek moet jou op alle vlakke aangryp."

Winnie Rust, ’n huldeblyk

Amanda Swart Boeke en skrywers 2024-10-29

"Na die eretoekenning wat Hugenote Hoërskool in Wellington op 11 Oktober 2024 postuum aan Winnie Rust, oudleerling van die skool, gemaak het, het dit ons gedagtes ver terug geneem na dae van intellektuele gesprekke, kuiers aan huis en Winnie wat met empatie na die hele dorp, en veral die dorp se vroue, omgesien het."

Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk

Amanda Swart Lesersindrukke 2024-08-20

"Omdat [die boek] uit vandag se perspektief geskryf is, dinge grotendeels verwerk is en afsluiting oor sekere dinge verkry is, is dit die postkoloniale perspektief wat opval: Ons het nie tóé geweet nie en die nawete is verdoemend. En wat het ons nie gedoen nie!"

Perceptions of the effectiveness of an academic writing assistant for Afrikaans-speaking Bachelor of Education students

Candice Livingston, Pieter Boer, Amanda Swart, Wilna du Plessis Academic research 2023-08-25

"In order to ensure that preservice teachers are able to write at the correct academic level, many different writing support programmes have been developed by universities all over the world."

Waarnemings van die effektiwiteit van ’n akademiese skryfassistent vir Afrikaanssprekende Baccalaureus in Opvoedkunde-studente

Candice Livingston, Pieter Boer, Amanda Swart, Wilna du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-25

"Taal speel binne die sosio-kulturele siening van akademiese geletterdheid ’n baie spesifieke en belangrike rol, aangesien taal die medium is waardeur ons dink en kennis opbou."

Top