Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever
2020-07-21In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.
Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud
2018-09-11"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."
’n Alledaagse andersheid: ’n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City as voorbeeld van heterotopiese literatuur
2015-04-08In die lig van ’n ontleding van Zoo City as heterotopiese roman maak Alettie van den Heever ’n gevolgtrekking oor die ideologiese argitektuur van die roman en gee ’n antwoord op die vraag of Beukes se spekulatiewe fiksie in die geval van Zoo City net nog ’n ontvlugtingsopsie is.
Biebouw-resensie: Kamphoer deur Francois Smith
2014-09-09 "Kamphoer is ’n debuutroman wat min lesers onaangeraak sal laat. Die feit dat die roman op ware gebeure gebaseer is, dra by tot die wyse waarop dit ’n mens teen die bors tref. Die leser kom ook onder die indruk van ’n uiters vaardige prosaïs wat woorde en beelde opweeg en sorgvuldig kies."Broken Monsters deur Lauren Beukes
2014-07-29 Alettie van den Heever resenseer Lauren Beukes se Broken Monsters.Onderhoudend: Alettie van den Heever
2014-07-23 "In Queste del Saint Graal word die 'aardse' ridders immers veroordeel vir hulle onvermoë om hulle tot die geestelike ridderskap te bekeer. Verder word hulle met ’n avontuurlose soektog gestraf."LitNet Akademies-leesgoed: Alettie van den Heever
2014-07-22 "Felski maak die opmerking dat ons taal van kritiek meer gesofistikeerd en wesentlik as ons taal van regverdiging is. Met hierdie boek lewer sy ’n verfrissende bydrae tot laasgenoemde."Die laaste avontuur? ’n Bespreking van die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal
2014-06-26 Binne die Arturiaanse letterkunde vind die soektognarratief by uitstek neerslag in die graalromans. ’n Ondersoek na die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal dui daarop dat hierdie roman daarop gemik was om ’n einde te bring aan die avonture en hoofse ridderskap wat die soektognarratief in die meeste ander Artur-romans gedryf het.
USAN-kongres 2014: Alettie van den Heever
2014-01-29 Alettie van den Heever, ’n navorser wat aan die 2014 USAN-kongres deelgeneem het, beantwoord ’n paar vra en deel haar indrukke van die byeenkoms.
