Afrikaans se tong klap in Den Haag

  • 0
Hierdie bydrae het oorspronklik op 20/06/2013 op LitNet verskyn.
 

Dis die fyn besonderhede wat ’n kultuurfees besonders maak: die proteas op die Karoo Kafee se verhoog, Antjie Krog se swartraambrilletjie, die oranje-blou kronkels op Stef Bos se hemp, Francois van Coke se rooi Coke-keppie, Marita van der Vyver se Converse, en die veer in David Kramer se hoed.

Die tweede Festival voor het Afrikaans het verlede naweek in die Melkweg in Amsterdam (13 Junie) en in die Theater aan het Spui in Den Haag (14–16 Junie) plaasgevind. Dit was ’n intieme, bedrywige en veelsydige fees wat ’n Afrikaans- en Nederlandstalige gehoor die geleentheid gebied het om top Afrikaanse kunstenaars van naderby te bekyk en te beluister.

Alhoewel musiek- en filmvertonings, lesings, skrywersonderhoude, en toneel- en kabaretstukke parallel geloop het, het feesgangers wel tussendeur die geleentheid gekry om die ekspat-lus vir biltong, blatjang, kerrie en melktert in die Karoo Kafee te stil.

LitNet het ’n keur foto’s vir maklike navigasie in drie afsonderlike feesfotogalerye verdeel:

Kuier


Praat


Sing


• Lees ook Carina van der Walt se rubriek oor die fees: Afrikaans rock in Amsterdam én in Den Haag

Die Afrikaans-fees beklemtoon en versterk onder andere die verbintenis tussen Afrikaans en Nederlands. Die feesdirekteur, Joris Cornelissen, stel dit mooi: “Ek is vasbeslote om Afrikaans my eie te maak.” Die tweejaarlikse fees word deur die volgende Suid-Afrikaanse en Nederlandse borge ondersteun:

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top