Kuier: Festival voor het Afrikaans

  • 0

Wie’t wáár gekuier? Lees eers die “wie”, “wat”, “waar” en “wanneer” van die Festival voor het Afrikaans wat verlede naweek in Den Haag plaasgevind het.

 

’n Vriendelike ontvangs: Sanet van Niekerk en Alexandra Petrovicova

 

Eerste daar: Wilma en Wannie Carstens, LitNet-joernalis Carina van der Walt, en Michael en Rosalie le Cordeur sien uit na die openingsvertoning. Lees wat Carina van die fees gedink het.
Marita van der Vyver en Stef Bos
Chris Chameleon maak ’n vinnige draai by die fees. Hier saam met Christoff Beukes en Salemien Grobbelaar.
kykNET-hoof Karen Meiring en Piet de Jager, die uitvoerende vervaardiger van Verraaiers, een van vele Afrikaanse rolprente wat by die fees gedraai het.
Marita van der Vyver, LitNet-redakteur Etienne van Heerden en Karen Meiring vat 'n blaaskans by een van die kykNET-filmborrels.
Feesorganiseerders Suzie Bonnikhorst en Joris Cornelissen
Marga Stoffer by die NB-boektafel
Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT (regs), help Stefan Bekker om die woord “verneuk” te borg. Lees hier oor die WAT se “Borg-’n-woord”-projek.
Petrus Crowther en Marius van de Wall van Fiësta. Die span skiet ’n vollengte-insetsel oor die fees.
Karolien Janssens, Madelein Zeeman en Martijn van der Wij
Van links: Die skrywerspaartjie Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer gesels met Ingrid Glorie (hoofredakteur van Maandblad Zuid-Afrika) en letterkundige Ena Jansen in die Karoo Kafee.
Christoff Beukes vermaak feesgangers. Naas optredes in die “grote zaal” het musici tussen vertonings in die Theater aan het Spui-voorportaal opgetree. (Soek die bekende gesigte in die Karoo Kafee.)
Podium-hoof Joost Nijsen sit tussen vertalers Martine Vosmaer (links) en Karina van Santen. Vosmaer en Van Santen vertaal Deon Meyer en Etienne van Heerden se boeke in Nederlands.
Erik van den Bergh en Marike Buitendijk

Koningskos: André Koning en sy seuntjie, Martijn, van boerewors.nl beman hul boerewors-stalletjie.

Daar is ook gesing, gedans en gelees by dié fees. Blaai deur ons skrywersalbum en bekyk die (Afrikaanse) lyftaal van ons musici.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top