Praat: Festival voor het Afrikaans

  • 0

Wie’t wáár gepraat? Lees eers die “wie”, “wat”, “waar” en “wanneer” van die Festival voor het Afrikaans wat verlede naweek in Den Haag plaasgevind het.

Voorlesing: Antjie Krog se reeks gedigte, Al wat kind is, toor met die gehoor.

Die letterkundige Ena Jansen stel Antjie Krog aan die Nederlands- en Afrikaanstalige feesgangers voor.

Die lens waardeur jy kyk: Antjie Krog se swartraambril

"Die storie soek jou mos uit": Marita van der Vyver praat oor haar jongste roman, Die blou van onthou. Bestel dit by Kalahari.com.

Eep Francken luister aandagtig na Marita van der Vyver.

"Meertaligheid in de provincie Westkaap": 'n Debat tussen Ludre Stevens van die Demokratiese Alliansie, Ingrid Scholtz en Michael le Cordeur

“Uit die hart, uit die mond”: Anet Pienaar-Vosloo gesels met haar goeie vriend, die kunstenaar-skrywer Louis Jansen van Vuuren.

Louis Jansen van Vuuren op die oranje bank

Niël Rademan het Louis Jansen van Vuuren se gedigte getoonset.

Die verhoogstel van My naam is Ellen Pakkies, ’n teaterstuk oor die vrou van Lavender Hill wat haar tikverslaafde seun vermoor het. Lizz Meiring is die regisseur en teksskrywer van hierdie ware verhaal.

Akteurs Christo Davids en Vinette Ebrahim omhels mekaar na ’n kragtige vertolking.

Christo Davids en Vinette Ebrahim

Ena Jansen in gesprek met die digterspaar Ronelda S Kamfer en Nathan Trantraal. Hul pragtige dogtertjie het amper die show gesteel.

Lees Annemarie van Niekerk se onderhoud met Ronelda.

Stripkunstenaar-digter Nathan Trantraal gesels oor sy debuutbundel, Chokers en survivors, wat 4 Julie by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel sal word.

“Ek haal myself uit die tradisie en skep ’n nuwe een”: Ronelda S Kamfer lees uit haar digbundels voor.

Etienne van Heerden praat oor sy nuwe roman, Klimtol, wat in September sal verskyn. Sy eie Coca-Cola-klimtol uit die jare sestig lê op die tafel.

Annemarie van Niekerk in gesprek met Etienne van Heerden oor sy teen-breking-novelle, Gifkaroo. Lees die Engelse vertaling, Poison Karoo, op LitNet.

Ambassadeur Peter Goosen het gaste tydens die openingsaand verwelkom.

Leon van der Merwe stel Die wonderwerker, ’n film oor Eugène Marais, bekend. Ander bekende rolprente het (te danke aan kykNET) ook by die fees gedraai, naamlik Verraaiers, die tronkfilm Rooiland en die tienerfilm Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, asook twee dokumentêre films, Het leven van Adam Small en Scorched Earth.

Daar is ook gesing, gedans, en gekuier by dié fees. Bekyk die (Afrikaanse) lyftaal van ons musici en kuier saam in die Karoo Kafee.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top