Aardklop 2016: Alexa Strachan oor Taxi Teater

  • 0

http://www.potchfees.co.za/

Alexa Strachan (foto: Nardus Nel)

Aardklop 2016 is om die draai! Naomi Meyer vra die feesbestuurder, Alexa Strachan, uit oor 'n produksie waaroor Alexa opgewonde is: Taxi Teater.

Hallo daar, Alexa! Vertel asseblief vir die mense wat Aardklop toe kom: Saam met wie klim hulle in die taxi van hierdie produksie?

Vir my is die Taxi Teater baie opwindend, want mense van buite Potch besef nie noodwendig hoe divers en talentvol Potch se gemeenskap is nie. 

Hieronder is basies ’n uiteensetting van hoe hierdie produksie werk.

Die feesganger gaan nie noodwendig weet watter kunstenaar/genre hy by die venue gaan aantref nie – dis soos ’n verrassingspakkie. 

Die Wasgoedlyn

·      Hierdie geselskap bestaan uit 11 lede van Kaapstad, Springbok en Johannesburg en sluit onder andere in:

Riku en Jackie Lätti
Churchil Naudé
Frazer en Deniel Barry (van die groep Tribal Echo)
Bacchus Nel
Andra
Les Javan

Churchil Naudé en Riku Lätti (http://www.litnet.co.za/churchil-naude-hoe-skei-mens-jou-vel-van-jou-gesig/)

·      Hulle sal vir die volledige duur van die fees die ruggraat vorm van die Taxi Teater-projek en sal ook as individue en as groep deel uitmaak van geselekteerde ander aanbiedinge op die feesprogram, sowel as informele sessies in plaaslike kuier- en saamtrekplekke.
·      Soos in die gelyknamige kykNET-reeks is die groep se oorhoofse doelwit om nuwe talent te ontdek en om onder leiding van ervare musikante vir hulle ‘n platform te skep waar hulle raakgesien kan word en wat as motivering kan dien vir toekomstige kreatiewe en musikale ontwikkeling.

‘n Taxiteater – hoe werk dit?

Hierdie projek het ten doel om:

1.     ‘n verhoog te skep vir plaaslike talent as deel van die amptelike feesprogram
2.     feesgangers bekend te stel aan die groter Potchefstroom-area
3.     aan plaaslike taxi-operateurs, besighede en informele handelaars die geleentheid te bied om aan feesaktiwiteite deel te neem en daaruit voordeel te trek.

·      Feesgangers koop ‘n kaartjie by Computicket teen R80 per persoon en die hele rit duur ongeveer 2 uur en 30 minute.
·      Daar is elke dag van die fees (4 tot 8 Oktober) twee geskeduleerde ritte:

Roete A
Vertrek daagliks om 12h00 vanaf die taxi-pendelstasie op die Bult en stop vir ongeveer 30 minute by elk van die volgende plekke:

Tse’s Lifestyle Lounge (Ikageng)

Picaroon’s  (Promosa)

Vida Verde (Potchefstroom).

Roete B
Vertrek daagliks om 15h00 vanaf die taxi-pendelstasie op die Bult en stop vir ongeveer 30 minute by elk van die volgende plekke:

Tse’s Lifestyle Lounge (Ikageng)

Picaroon’s  (Promosa)
Potch Dam Restaurant

·      Vir elke rit word twee 18-sitplek-minibus-taxi’s ingespan om altesaam 34 passasiers te vervoer.
·      In elke taxi word ‘n toerleier (of dan gasvrou) geplaas wat onderweg vir passasiers op ‘n vermaaklike wyse sal inlig oor die plekke wat hulle gaan besoek en die dinge wat hulle daar te wagte kan wees.  Hierdie toerleiers is inwoners van Ikageng en Promosa.

Churchil Naudé (foto: Naomi Bruwer)

Wat gaan gebeur waar die taxi’s stop?

Elk van die venues word daagliks deur ‘n voorafspan  uitgerus met ‘n klein klankstelsel.

·      By elke venue word daar ‘n kort vermaaklikheidsprogram van 15–20 minute aangebied waarvan die inhoud vir elke taxi-stop, elke dag uniek en anders sal wees. Die program sal bestaan uit optredes deur:

1.     die musikante en sangers van Die Wasgoedlyn
2.     nuwe, plaaslike talent wat deur die Wasgoedlyn-mense in die groter Potchefstroom-omgewing geïdentifiseer is
3.     bestaande plaaslike talent
4.     ‘n keur van professionele kunstenaars wat deel uitmaak van die amptelike Aardklop-program.

·      By elkeen van die venues, sal taxi-passasiers eet- en drinkgoed kan koop wat uniek is aan die venue en die gemeenskap. Byvoorbeeld: 

Tse’s: shisa nyama, skaapkop, hoenderpote

Vida Verde is bekend vir hulle craft-biere – hulle brou by die 200 veral Duitse en Belgiese biere.

Potch Dam – Club Familia se hoogtepunt is hulle "skommels met skop", bv die Damparra, en die DamduikerHulle maak ook die heel lekkerste beesstertpastei en kaaskoek. 

http://online.computicket.com/web/event/taxi_teater/1056802416/0/74137371

Hier is Aardklop se volledige program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top