Aden van Niekerk se boek Wolkland is op 7 Maart 2014 by die US Woordfees bekendgestel.
Dit was geen 'n formele boekbekendstelling nie, allermins! Carina het net vir vyf minute lank oor die boek gesels en toe is dit partytjietyd met pizza en koek. Al die kinders het geblinddoek saamgespeel aan druk-die-piesang-in-die-apie-se-mond en toe was almal wenners van 'n houertjie Crazy Clay. Ade het gewys hoe hy die kleibeeldjies in Wolkland gemaak het, die kinders is geleer hoe om klei onder mekaar uit te ruil om sodoende nuwe kleure te kan meng en bont beeldjies te maak. En toe was daar 'n skattejag vir wit sjokolade-eiers wat die kinders met voedselskleursel geverf het om dit soos draakeiers te laat lyk.














Lees 'n onderhoud met Aden van Niekerk.
Lees nog inligting oor die ontstaan van Wolkland hier.
Vir bestellings:
Titel: Wolkland
Skrywer: Aden van Niekerk (soos vertel aan sy ma, Carina Stander)
Grootte: A4
Aantal bladsye: 32
Volkleur.
Gelamineerde omslag.
Prys: R100 (plus R10 vir gewone pos of R25 vir geregistreerde pos - lesers kan self 'n opsie kies.)
Bestellings: carinastander@gmail.com
Sign up for LitNet’s free weekly newsletter. | Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief.

