
Die US Woordfees 2014 is vanjaar vyftien jaar oud. Hier is vyftien items wat reeds op LitNet verskyn om jou lus te maak vir vanjaar se fees.
Kliek hier vir die volledige program
|
Die goëlaar
Met Geon Nel. Vervaardiger: Hugo Theart / TEATERteaterRegie: Christine Trüter Naomi Meyer het al voorheen vir Geon Nel in sy hoedanigheid as towenaar dopgehou en kry nou die kans om hom uit te vra hieroor – en oor sy hoofrol in Die goëlaar. Lees die onderhoud met Geon Nel
|
Dan Sleigh, 75 Hierdie grootse skrywer, wat sy 75ste verjaarsdag in 2013 gevier het, is veral veelvuldig bekroon vir sy roman Eilande, maar ook vir sy digkuns en vir Wals met Matilda. Kom luister gerus hoe sy skrywersloopbaan tot dusver verloop het, na die groot rol wat sy kundigheid oor die geskiedenis daarby gespeel het en na die kreatiewe manier waarop hy vars gedagtes en woorde uit sy hoed pluk. Dan Sleigh gee saam met Wium van Zyl en Petra Müller vars perspektiewe op sy lewe en werk. |
Personas uit die hoed
Aangebied deur LAPA Carla van der Spuy vra vir Chanette Paul uit oor Chanette se jongste spanningsroman Siende blind. |
|
Die oorlog kom huis toe – drie kenners van die geskiedenis in gesprek
Fransjohan Pretorius praat met die redakteurs en historici Bill Nasson en Albert Grundlingh oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en hoe hul boek vars perspektiewe bied op wat as ’n bekende verhaal beskou word. Dit ondersoek die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te ondersteun. Naomi Meyer asked Bill Nasson about this intelligent and eye-opening book. |
Deon Meyer – Kobra
Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering. Huisgenoot se Elna van der Merwe praat met die internasionaal bekende Deon Meyer oor sy nuutste krimi. "Meyer lewer met Kobra die tipe vaartbelynde kragtoer wat die spanningsroman in Afrikaans tot groter hoogtes aanvoer," Jonathan Amid Lees Jonathan Amid se resensie |
Engela van Rooyen, 75 ‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale en radiodramas, jeugboeke en romans, asook talle ligter tekste onder verskillende skuilname. Haar werk is verskeie kere bekroon en jare lank op skool voorgeskryf. Die gewilde Vuur op die horison was haar honderdste roman! Kom maak mee waarom sy so geliefd is. Lees meer oor Engela van Rooyen in die ATKV-Skrywersalbum
|
|
Etienne van Heerden – Klimtol
Bibi Slippers in gesprek met Etienne van Heerden Klimtol, Etienne van Heerden se jongste roman, ontgin die tema van spel as kuns. Naomi Meyer gesels met iemand wie se spel haar erns is. Corli du Toit was in 2012 Europa se damesklimtolkampioen. Sy vertel vir Naomi Meyer van die werklikheid van klimtolspeel. |
Lina Spies, 75
Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit-Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees! Lees meer oor Lina Spies in die ATKV-Skrywersalbum Die bekroonde digter deel ook interessante gegewens oor haar skrywersloopbaan, waarna items uit die Lina Spies-dokumentversameling in die Dokumentesentrum besigtig kan word. Bespreek nou. |
George Claassen – Kwakke, kwinte en kwale Aangebied deur XLIBRIS Publishing Prometheus ongebonde: 'n Wetenskaprubriek deur George Claassen |
|
Gerrit Brand (1970-2013) – in memoriam
Met Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw Lees Johann Rossouw se brief aan Gerrit Rautenbach op die Sondag van die Laaste Oordeel |
Johann Nell –
Johann Nell gesels met Francois Bloemhof oor sy debuutroman, ’n heerlike holderstebolder vertelling van 'n plaasseun se grootword op 'n volstruisplaas, maar ook 'n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en hoe dit deur 'n plaasverlede gevoed word. Kom deel in 'n boeiende gesprek oor die interessante lewens in die Kangovallei. |
Niq Mhlongo – Way Back Home Presented by Kwela Uitgewers |
|
Agtervolger ’n Hoërskool Bellville Nasionale Toneelspelkompetisie-inisiatief, in samewerking met US Woordfeesen Suidoosterfees Naomi Meyer vra drie van die akteurs, almal vanjaar in hulle eerste jaar op universiteit, om van hul ervarings in die produksie te vertel. Aan elkeen is dieselfde vrae gestel. |
Oorsee Moontlik gemaak deur Clover Aardklop Rentia Bartlett-Möhl resenseer die produksie, wat einde verlede jaar by die Clover Aardklop Kunstefees te sien was.
|
Die Heuwels Fantasties Met drie albums (alles trots Afrikaans), drie MK musiektoekennings agter hulle naam, en met ’n reuse-gevolg in Suid-Afrika én oorsee, voel hierdie opwindende elektro-rockgroep uit Bellville steeds jy kan jouself eerliker uitdruk in jou moedertaal, maar die waarde en eerlikheid van hul musiek word kennelik begryp in énige taal. Die Heuwels Fantasties laat jou sterre sien! Die Heuwels Fantasties se bekendstelling van die album Alles Wat Mal Is het onlangs in Wunderbar in Kaapstad plaasgevind, met die Black Handed Kites wat die verhoog warmgemaak het. LitNet was daar om foto's te neem. |
















Kommentaar
Sonder dat ek die Feesprogram onder oë gehad het en derhalwe nie daarop kommentaar kan lewer nie, klink dit vir my asof ek die skrywers moet betààl om by wyse van "15 moet-sien-items", hulle werke aan my te verkoop!
Lyk interessant.