|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1097
24/04/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Suidoosterfees 2026 |
 |
|
Samesteller: Antjie Krog
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637007573
’n Pragtige bloemlesing wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders bloot te stel aan die musiek van taal en die geskenk van ’n verdiepte woordeskat. Daar is QR-kodes in die boek wat jy kan skandeer sodat jy kan lees, leer en luister na ou bekende versies soos "Trippe trappe trone", asook ’n paar oorspronklike versies uit die pen van Antjie Krog. Daarby is nuwe inheemse ryme uit tesisse en ou bronne aangevul met ’n hele paar uit Mankepank asook uit Fynbosfeetjies en Vetplantfeetjies.
|  |
|
 |
Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Jana Hattingh
Naomi Meyer, Jana Hattingh
Suidoosterfees
"Daar is absoluut geen groter bevrediging as om te sien hoe feesgangers hulleself geniet nie. Ons gehore is uniek en jy kry hulle eenvoudig nêrens anders nie. Om jong kunstenaars te sien terwyl hulle hul eerste professionele treë by die Suidoosterfees gee, vul my met inspirasie, want ’n jaar of twee later sien jy hulle op TV, of kom hulle terug fees toe as volwaardige, professionele kunstenaars."
|
 |
Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Gerrie Lemmer
Naomi Meyer, Gerrie Lemmer
Suidoosterfees
"Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep."
|
 |
Persverklaring: Dans op die Suidoosterfees: Kom tuis in die ritme en beweging van gedeelde verhale
LitNet
Suidoosterfees
Soos die legendariese choreograaf Gregory Maqoma opmerk, is dans meer as net beweging; dit is die "storie van waar ’n mens vandaan kom". Deur elke vertoning word gehore uitgenooi om hul eie sin van behoort en tuiskoms in die ritme van ons gedeelde verhale te vind. Ses uiteenlopende danswerke bring stories van identiteit, gemeenskap en veerkragtigheid deur die lens van choreografie na die verhoog.
|
 |
Toorkombuis: ’n spesiale bredie vir die herfs
Karen Hart
Kos en wyn
"Ek glo ook nie jy moet jou bredies laat oorstaan vir die winter nie. Selfs op ’n dag wat vra na kouevleise, slaai en alles wat afkoel en verkwik, hunker ek na ’n lamsvleis-en-groente-bredie in ’n dik en donker sous. Ek wil voel hoe die bredie my toevou in sy omhelsing, my koester soos ’n ou vriendskap …"
|
 |
Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud
Naomi Meyer, Jana Hattingh
Suidoosterfees (2025)
"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."
|
Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
 |
KI: Katastrofe of geleentheid? ’n Miniseminaar
Menán van Heerden
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Is KI ’n vernietiger van denke, oorspronklikheid, en skeppende en opvoedkundige ideale? Of is KI ’n geleentheid?"
|
 |
KI-miniseminaar: Gebruik jy KI om jou met jou skryfwerk te help?
Chanette Paul
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Uit suiwer nuuskierigheid het ek enkele kere toegelaat dat KI vir my ’n sogenaamd kreatiewe toneel skep gegrond op my vrae. Dis deur die bank afgesaag, melodramaties en heeltemal onbruikbaar."
|
 |
Stemnota: Masemola is geskors
André Duvenhage
Menings
Die tydelike skorsing van nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola is Donderdagmiddag deur president Cyril Ramaphosa aangekondig. Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.
|
 |
Wyngaard Weekliks: Malema, Phala Phala en Masemola: Is alle hoë koppe gelyk voor die reg?
Heindrich Wyngaard, Willie Spies, Pauli van Wyk, Jeremy Vearey
Onderhoude
Die vonnisoplegging van die EFF-leier, Julius Malema, ná sy skuldigbevinding aan onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar is onder die onderwerpe wat deur Heindrich Wyngaard en sy drie gaste onder die loep geneem word. Hulle is die joernalis Pauli van Wyk, die prokureur Willie Spies en die afgetrede senior polisielid Jeremy Vearey.
|
 |
Stemnota: Malema hou hof
André Duvenhage
Menings
EFF-leier Julius Malema se opmerkings oor die landdros wat hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, laat die wenkbroue lig. Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.
|
 |
Agterstories: Die Grondwet: Maak dit saak hoe jy ’n land ontwerp?
Johan Fourie
Rubrieke
"Met die Grondwet se 30ste verjaardag om die draai ontstaan ’n interessante vraag: Het die spesifieke argitektuur en ontwerp van ons land, naamlik proporsionele verteenwoordiging, ’n parlementêre uitvoerende gesag en ’n eenheidstaat, Suid-Afrika se ekonomiese trajek beïnvloed? Sou die land vinniger gegroei het, of minder aan die staat bestee het, as die Grondwetlike Vergadering ander keuses gemaak het?"
|
 |
"A great guy": Het Roelf genoeg hare op sy tande vir Trump?
Heindrich Wyngaard
Menings
"Die beweegrede was om iemand te probeer identifiseer wat sensitief is teenoor die negatiewe (afsydige, agterdogtige) atmosfeer wat tans in die Amerikaanse regering jeens Suid-Afrika heers. Boonop sal ’n nuwe ambassadeur in ’n Washington, DC aankom waar daar ’n kloof tussen die regerende Republikeine en die opposisie-Demokrate bestaan."
|
 |
Springmielies: Die doodsrituele van diere
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Diere se begrafnisagtige rituele rondom die dood toon dat dit ’n natuurlike deel van komplekse sosiale lewe is. Dit verbind ons met die diereryk en beklemtoon dat treur en die ritueelagtige verwerking van verlies inderdaad ’n brug bou tussen spesies. Dié beskouings verander hoe ons na diere kyk – nie net as wesens wat op blote instink reageer nie, maar as wesens met emosies en bande wat ons eie rou weerspieël."
|
 |
André du Toit: A tribute and a memory
Riaan de Villiers
In memoriam
"In this callous, dismaying age, it is yet another symptom of our collective amnesia: about our painful journey to becoming a democracy, laced with violence; about the failure of most Afrikaner intellectuals to challenge the apartheid order; and about the pioneering role played by those who did."
|
 |
Fritz van der Merwe – denker, filosoof en bouer van taal
Koos van der Merwe
SêNet-briewe
"Fritz se werk was nie bloot ’n tegniese oordrag van woorde nie; dit was ’n filosofiese daad. Elke vertaling was ’n brug tussen kulture, ’n poging om die menslike gees oor grense heen te verbind. Hy het gewys dat taal nie net ’n instrument van kommunikasie is nie, maar ’n draer van identiteit, geskiedenis en hoop."
|
 |
Tuinroete as wêreld se beste padreis aangewys
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Met sy kombinasie van natuurskoon, toeganklikheid en gunstige rytoestande lyk dit asof die Tuinroete se reputasie as een van die wêreld se mees uitsonderlike reis-ervarings net verder gaan groei."
|
 |
Ligte bly aan: Eskom voorspel winter sonder beurtkrag
Jean Oosthuizen
Voorblad
"In sy jongste wintervooruitsig sê die kragvoorsiener die nasionale netwerk is stabiel ná meer as 340 dae sonder beurtkrag – ’n merkwaardige ommekeer vergeleke met die krisisjare toe gereelde kragonderbrekings die ekonomie en huishoudings geknou het."
|
 |
Musk en Pretoria steeds haaks oor Starlink se "ras-reëls"
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Amptenare hou vol dat alle maatskappye wat in Suid-Afrika sake wil doen, aan plaaslike transformasievereistes moet voldoen. Volgens hulle is dit nie uitsonderlik nie. Hulle hou vol honderde internasionale firmas funksioneer reeds binne dié raamwerk."
|
 |
Leesimpressie: Alles voor de reis door Adriaan van Dis
Erik van den Bergh
Literatuur
"Innemende autobiografische roman over een intense 38 jaar durende liefdesrelatie van een vrouw in een hospice en de verteller. De echtgenoot van de vrouw, aangeduid als de Ander, komt incidenteel ter sprake."
|
 |
Daardie hengse stapel boeke wat keurders moet lees
Izak de Vries
Boeke en skrywers
"Mense, ek het respek vir die arme keurders. Ek het gereeld eie opinies oor watter boeke ek op daardie lyste sou wou plaas, ja, en van my opinies verskil dikwels van die keurders s’n, maar dit is nie nou ter sake nie."
|
 |
Heil die Leser!: Waar laventel bloei
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Om persoonlike verlies openbaar te maak help lesers om hul eie gestorwe geliefdes en persoonlike trauma te onthou en sin te vind in ’n wêreld wat skielik kaler en kouer voel. Hierdie boeke getuig van kragtige herinnering: Jy is nie alleen nie. Die skryf oor rou is self ’n daad van liefde – en ’n manier om die geliefde se afwesigheid in woorde te laat voortleef."
|
 |
Upwards by Karen Dudley: an inter-review
Maryke Roberts, Karen Dudley
Books and writers
"A culinary icon synonymous with Cape flavour, Dudley has infused the experience with a playful, 'naughty-but-nice' energy inspired by the region’s Cape Malay roots."
|
 |
’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius: ’n resensie
Cliffordene Norton
Resensies
"Dit is ’n boek wat eindig op hoop – geloofwaardige hoop. Ek sou dit aanbeveel vir enigiemand wat belangstel in stories oor identiteit, liefde en die komplekse werklikheid van grootword. Veral vir onderwysers, en ouers."
|
 |
As ek jy was deur De Wet Hugo: ’n resensie
Anke Theron
Kinderboeke
"Hierdie boek is ideaal om enige leser aan die dink te sit en gesprekke te begin oor begrip vir ander, empatie en die kompleksiteit van ander se worstelinge in die lewe."
|
 |
In gesprek met Antjie Krog oor Spienekelientjies (vir Wêreldboekdag)
Izak de Vries, Antjie Krog
Skrywersonderhoude
"Maar Spienekelientjies voldoen ook aan ’n ander droom van my: Om die ou rympies van die vroeëre kleuterverseboeke te ondervang, veral die gedigte en ryme wat klassiek geword het in W Versfeld se verwerking van Engelse kleuterverse."
|
 |
In conversation with Roslynne Toerien about young readers (and World Book Day)
Izak de Vries, Roslynne Toerien
Books and writers
"This rhythmic style of writing keeps children engaged, and it is a wonderful way to remember the words on the page and retain information, especially the animal facts. Children love to guess the next word when reading in rhyme, and it makes for entertaining and expressive reading aloud."
|
 |
Die Cape Flats Book Festival se roadshow
Keith Oliver Lewis
Boeke en skrywers
"Hierie jaar issie fees verleng met ’n roadshow wat tussen Februarie en Maart meer as 20 primêre en sekondêre skole op die Kaapse Vlakte besoek het. Op 23 Maart 2026 is ek uitgenooi om deel te neem annie Cape Flats Book Festival Roadshow."
|
 |
Danie Marais (1971–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My ervaring was nog altyd as jy eerlik en weerloos oor die klein goed rondom jou skryf, skryf jy dikwels op ’n manier ook oor die groter kwessies. Dit laat ander mense wat hulleself in soortgelyke situasies bevind, minder eensaam voel."
|
 |
Kortliks met Stefaans: Gregg Hurwitz se Antihero
Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers
"Deur die fokus te verskuif na temas van skuld en verlossing, gee Gregg Hurwitz se Evan Smoak ’n nuwe dimensie aan ’n bekende literêre figuur, wat hom uiteindelik in lyn bring met die ridderlike argetipe van die Middeleeuse held – ’n moderne krygermonnik wat vaardigheid, kode en morele integriteit kombineer."
|
 |
Persverklaring: Eseltjiesrus Boekefees 2026
LitNet
Feeste
Die meerderheid van die boeke sal teen R30 elk verkoop word. Elke boek wat verkoop word, help met die versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande gered word en by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary gehuisves word.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Wiskunde: Graad 1-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jou kind in graad 1 is, kan Tharina Joubert se gratis oefenvraestel haar help om die kolletjies te verbind – letterlik en figuurlik. Met behulp van hierdie oefenvraestel en memorandum sal sy Wiskunde hierdie kwartaal speel-speel onder die knie kry!
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Hy self
Celestie du Plessis
Poësie
"Sou daar ’n lewende gebed iewers wees,
’n wese in beide dankbaarheid en smeking."
|
 |
’n Flentertjie geluk
Susanne Pretorius
Poësie
"Gee jy die appel en ek die ui
dan koop ek ’n flentertjie geluk"
|
 |
Treffer
Jeanne Henning Els
Poësie
"pas voor
die son sak
jaag jy oor die
rooi verkeerslig"
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|