Persverklaring: Woordfees TV verleng / Woordfees TV extended

  • 2

Fees voort tot 10 Oktober

Op grond van die groot aanvraag na herhalings van programme wat sedert 1 Oktober op Woordfees TV uitgesaai is, het DStv besluit om dié opwipkanaal drie dae langer op die lug te hou. Die 2021 Toyota US Woordfees sou landwyd en in Namibië van 1 tot 7 Oktober 2021 op DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15 plaasvind. ’n Seleksie van gewilde inhoud sal nou ook van 8 tot 10 Oktober in nuwe tydgleuwe herhaal word.

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW-projek, is verheug oor dié verwikkeling: “Ons is oorval met positiewe terugvoer van dankbare en meelewende kykers. Die TV-fees sal nooit die spontane saamwees van ’n tradisionele fees kan vervang nie, maar die model maak die fees beslis meer toeganglik vir ’n groter gehoor. Weens die beperkte tydsduur kon ons baie gehalteprogramme net een of twee keer uitsaai, en die ekstra dae bied geleentheid vir meer mense om dié aanbiedings te ervaar.”

  • Die programskedule vir die verlengde TV-fees sal teen Donderdag 7 Oktober 15:00 op woordfees.co.za beskikbaar wees.
  • Die nuwe dagprogramme sal ook op die Woordfees se sosialemediaplatforms gedeel word.
  • As jy onseker is hoe om op Woordfees TV in te skakel, klik hier.

****

Woordfees TV extended until 10 October

Due to the many requests received for repeats of shows broadcast since 1 October on Woordfees TV, DStv has decided to extend the pop-up channel for a further three days. The 2021 Toyota SU Woordfees takes place throughout South Africa and Namibia from 1-7 October 2021 on DStv channel 150 and GOtv 15. A selection of the most popular programmes will now be broadcast from 8-10 October in new timeslots.

Saartjie Botha, director of the Toyota SU Woordfees and the WOW Project, is ecstatic about this development: “We have been overwhelmed by the positive response from enthusiastic and pleased viewers. The TV festival could never replace the spontaneity of being together at a traditional festival, but this model has certainly made it possible for many more people to experience the festival. Because of the limited time, we were unable to show many of our quality programmes more than once or twice, and the extra days will give many people the opportunity to experience these productions.”

  • The programme schedule for the extended TV festival will be available from 12:00 Thursday on woordfees.co.za.
  • The new daily progamme will also be shared on all of the Woordfees social media platforms here.
  • 2

Kommentaar

  • Audrey van der Merwe

    Ek wil graag die program van 8 tot 10 Oktober aflaai, maar kan dit nie opspoor nie. Kan u asb. vir my laat weet hoe ek dit kan kry?

    Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top