Wiskunde met LitNet: Graad 4 – Waarde en plekwaarde van getalle

  • 19

Wil jy graag wiskunde beter verstaan? Het jy al gewens dat 'n wiskunde-onderwyser vir jou begrippe wat jy nie verstaan nie, op jou selfoon- of rekenaarskerm kan verduidelik? LitNet laai deesdae video's op wat skoolkinders van verskillende grade kan help. Lee-Ann West is 'n wiskunde-onderwyser wat sommer al in die wintervakansie gaan begin om jou wiskundelewe vir jou makliker te maak. Van nou af kan jy elke week 'n kort video kyk wat handel oor werk wat julle hierdie kwartaal in die klas gaan behandel. Hier is ’n video spesiaal vir graad ses-leerders, waarin werk bespreek word wat julle in die derde kwartaal gaan behandel. Volgende week kom die volgende een.

Skakels na ander video's in die reeks:

Wiskunde met LitNet: Priemgetalle- en bekendstellingsvideo

Wiskunde met LitNet: Graad 6, derde kwartaal – skryfwyse van getalle

  • 19

Kommentaar

  • Goeie middag. Ek stel belang in al die vakke vir Graad 4 en 5. Vraestelle en memorandums asb. Dis vir die einde van die jaar eksamen.

  • Hi, hoe kry ek die Gr 4-vakke ook, want ek het probeer - maar al wat ek kry, is wiskunde en ek is graag op soek na NWT ook.

  • Hi daar ek wil net graag weet of die Wiskunde vrastelle vir graad 4 nog dieselfde is omrede die datum 2019 wys. Is dit dieselfde werk as wat hul nou in hul klasse doen? Hul skryf die 23 Februarie Wiskunde.

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet is reeds 'n paar jaar lank besig om vraestelle deur kundiges te laat opstel wat as hersieningsvraestelle vir die KABV-kurrikulum aangewend kan word. Die vraestelle is nie spesifiek op die jaartal toegespits nie, maar is algemene vraestelle van die werk wat oor sekere tydperke vir die onderskeie grade en vakke behandel word. Die jaartal op LitNet, toon dus aan wanneer dit geplaas is. Hier is 'n skakel na 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Blaai gerus daardeur en laai af wat hier beskikbaar is om te help met eksamenvoorbereiding. Weens die feit dat vakke soms verskillend in verskillende skole aangebied word, kan LitNet nie waarborg dat die inhoud presies sal ooreenstem met wat elke betrokke skool behandel nie, maar in breë trekke is dit die werk van die Suid-Afrikaanse nasionale kurrikulum soos wat dit nou aangebied word. Boonop toon elke vraestel voorbeelde van hoe vrae in die toets of eksamen gevra kan word en dit op sigself, is ook van waarde as dit by voorbereiding kom. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Linda van den Berg

    Goeiedag. My seuntjie is in gr 4 en sukkel maar effe met konsentrasie.
    Ek dink om voorbereiding te doen vir elke kwartaal eksamen sal baie help, veral oor hy ook maar stadig lees kom hy nie by die wiskunde se langvrae uit nie. Het julle toetse wat ouers kan aflaai of koop?

    • Goeiedag en dankie vir jou navraag. Jy kan dalk met jou seun se klasonderwyser gesels vir raad, maar dis beslis 'n goeie voorstel om vraestelle uit te werk om met die voorbereiding te help. As jy op soek is na nog inligting om voor te berei, kan jy LitNet se indeks van vraestelle besoek: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/ Blaai daardeur om te sien wat alles hier gelaai is. Kyk by die graad se inhoud en klik op die skakels om die vraestelle en memo's gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nog inhoud by. Groete en sterkte met die voorbereiding. Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top