Na aanleiding van die briefskryf-kompetisie die afgelope tyd, was daar 'n paar ooglopende inskrywings, soos gister se Joop en Jan Rap se brief oor 'n goeie storie. Maar daar was ander briewe wat die afgelope tyd ook my aandag getrek het. In geen spesifieke volgorde nie: die brief oor die koningin van Engeland, die brief oor die rastaman se verjaardag, Deborah se brief. En George is kiekie-mooi en dra die "Outeniquaroes". Etlike van oester se bydraes. En ’n spul briewe vandag ook – sommige hiervan het ook by ons Reis- en Teater-afdelings beland.
Wie dink julle moet die CD kry?
Demokratiese groete, Naomi M
Naskrif. Hoewel hulle nie hiervoor ingeskryf het nie, dink ek Cameron van der Burgh en Chad le Clos verdien eervolle vermelding. Hulle het na my mening die soetste stories geskryf wat bydra tot die Suid-Afrikaanse narratief ...


Kommentaar
Dag Naomi,
my stem gaan vir Oester. Hy kan, gesê in goeie Afrikaans, 'n bakgat yarn spin
Duitswester