Wenners van Aardklop Nasionale Kunstefees 2016 aangekondig

  • 0

Dean-John Smith (foto verskaf)

Die wenners van die Aardklop Nasionale Kunstefees 2016 is tydens 'n toekenningsgeleentheid aangewys.

Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder, het as seremoniemeester opgetree en is met ‘n staande ovasie aan die einde van die bekroning toegejuig. Sy het by die geleentheid benadruk dat die Aardklop Nasionale Kunstefees trots is om stééds ‘n bydrae tot die kunste te lewer.

Die wenners het elk ‘n beeldjie ontvang wat deur die plaaslike keramiekkunstenaar, Gretchen Crots, gemaak is, asook ‘n kontantprys. 

Hier volg die genomineerdes, asook die kategoriewenners:

 

Beste akteur

Edwin van der Walt    ‘n COCK & BULLshit storie

John Kani                    So ry Miss Daisy

Wessel Pretorius        Die ontelbare 48

Dean-John Smith      ‘n COCK & BULLshit storie  (WENNER)

 

Beste aktrise

Anthea Thompson       My briljante egskeiding

Jana Strydom              Die vrou uit die see

Milan Murray             Amper, Vrystaat

Sandra Prinsloo        So ry Miss Daisy (WENNER)

 

Beste regisseur

Christiaan Olwagen   So ry Miss Daisy

Nico Scheepers           Amper, Vrystaat

Wessel Pretorius        Die ontelbare 48

Marthinus Basson     ‘n COCK & BULLshit storie (WENNER)

 

Beste aanbieding

Die ontelbare 48

‘n COCK & BULLshit storie

So ry Miss Daisy

Amper, Vrystaat (WENNER)

 

ATKV-Aardvarkprys vir grensverskuiwende werk

My passie vir Jesus

Taxiteater

Kunssafari vir kinders en tieners (WENNER)

 

Die fokus van dié toekenning is "grensverskuiwing" of "innovering".

Alle aspekte van die kunste word gedek: tentoonstelling, musiek, produksie, speler, regisseur, ontwerper, choreograaf, fliek, straatgebeurtenis, plakkaat, ens. Die prys is vir 'n verandering binne 'n bestaande, gevestigde orde.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top