Wenners: Kinderboekweggee saam met Protea

  • 0

Baie geluk! Die wenner in die kategorie self lees is Maryke Hunter-Hüsselmann  en die wenner in die kategorie voorlees is Marina Brink.

Lief vir lees, lief vir jou kind? Julia Donaldson, wêreldbekende kinderboekskrywer, besoek Suid-Afrika op die oomblik. Hier is nog besonderhede rondom haar besoek.

As haar besoek jou inspireer om 'n spul lekker kinderboeke in die hande te kry, stuur jou naam en kontakbesonderhede aan wen@litnet.co.za. Die titel van jou e-pos moet asseblief wees: “Wen kinderboeke van Protea”. Kyk hier onder watter boeke ter sprake is en dui in jou e-pos aan of jy 'n voorkeur het ten opsigte van voorlees of self lees. Jy kan een van hierdie twee boekpakkies met die volgende boeke wen:

Self lees (ouderdom 6 tot 12)

- Lillie die Heksie en die ridder van Don Quijote

- Rotburger

- Ouma is 'n kroek.

 

Voorlees (vir kinders jonger as 6)

- Fielies se nuwe huisie

- Dirkie verjaar

- Mies van Hout

- Plakpoppies Modeontwerper Trouversameling.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top