Wenners: 2017 UJ-pryse

  • 0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen toegeken. Die pryse is die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom moet in die voorafgaande kalenderjaar (2016) en in Afrikaans gepubliseer wees.

Vir die 2017 UJ-pryse is altesaam 68 titels is ingeskryf, waarvan 16 debute. Die inskrywings het ’n wye verskeidenheid tekste verteenwoordig, waaronder dié van gevestigde, bekroonde en nuwe digters, kortverhaalskrywers en romansiers; gerekende en gewilde en nuwe skrywers van misdaadfiksie, spanningsverhale en psigologiese rillers; ook historiese tekste en historiese romans, essays, kortkuns, biografieë, outobiografieë en outobiografies gemerkte tekste. Altesaam 12 digbundels is ingeskryf – waarvan ses debute. En twee dramas – een ’n debuut.

Hier is die kortlys.

Dit is met groot genoeë dat die  Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg hiermee die wenners van die 2017 UJ-pryse bekend maak.

Die wenner van die 2017 UJ-debuutprys, is Bibi Slippers vir haar digbundel Fotostaatmasjien.

Die wenner van die 2017 UJ-prys, is John Miles vir sy agtste roman, Op ’n dag, ’n hond.

Die keurpaneel word saamgestel uit Afrikaans-lesers betrokke by akademiese instellings en die media.*

Hier is inhoud rakende die twee wenners op LitNet:


 

LitNet Akademies-resensie-essay: In die spieël met Bibi – Fotostaatmasjien (2016) deur Bibi Slippers

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Hier het ons die digkuns van ’n fyn waarnemer en optekenaar van ons wonderbaarlike, dikwels skrikwekkende, eietydse menslike toestand op ’n planeet wat ons met soveel ander, menslik en dierlik, deel."


Foto-onderhoud: Bibi Slippers oor Fotostaatmasjien

Bibi Slippers, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Die 'foute' in die fotostate is wat in forensiese ondersoeke gebruik word om die masjien te eien. Dit was vir my ’n mooi metafoor vir die digter se stem ..."


Onderhoud: Op ’n dag, ’n hond deur John Miles

John Miles, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

“Soveel dinge wat die onderwyser in die hede ervaar, word snellers na die verlede; voortdurend ontstaan assosiasies met insidente in die verlede; die hede word ten dele ’n herbelewenis. Die toekoms bly moontlikheid, ’n potensiaal.”


Video: Op ’n dag, ’n hond deur John Miles word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

John Miles se jongste roman, Op ’n dag, ’n hond, is onlangs by Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Louise Viljoen het met hom gesels.

* Vir 2017 was die aangewese paneel beoordelaars:

Frederick Botha
Bibi Burger (UP)
Karin Cattell (US)
Jac Conradie (UJ)
Marius Crous (NMMU)
Karen de Wet (UJ)  (voorsitter)
Ronél Johl (UJ)
Marné Pienaar (UJ)
Johan Myburg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top