Wen kaartjies na "Eet kreef herleef!"

  • 0

Eet kreef herleef!
19 Maart 2022 by die Daisy Jones Bar, Stellenbosch 21h00.
26 Maart by Atterbury Teater, Pretoria: 2 vertonings 15h00 en 19h00.

LitNet, in samewerking met LK Mediabook, gee 2 x 2 kaartjies weg na die vertoning van "Eet kreef herleef!" op 19 Maart 2022 te Stellenbosch.

Hoe om in te skryf
  • Lees die persverklaring.
  • Stuur ’n e-pos aan eetkreef@litnet.co.za met die onderwerp “Kerkorrel”.
  • In die e-pos self moet jy twee van die musikante noem wat op 19 Maart gaan optree.
  • Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
  • Alle inskrywings moet LitNet voor 18:00 op 16 Maart 2022 bereik.
Reëls
  • Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
  • Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
  • Wenners sal self by die vertoning moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
  • Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  • Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan LK Mediabook te verskaf en jy gee aan LK Mediabook die reg om met jou kontak te maak.
  • LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
Persverklaring

Eet kreef herleef!

19 Maart 2022 by die Daisy Jones Bar, Stellenbosch.

Eet kreef herleef! is terug, met ‘n vol band, die eerste keer sedert Maart 2020.

Eet kreef! deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band word gehuldig in hierdie herinterpretasie van die satiriese musikale meesterstuk wat 30 jaar gelede die land aan die gons gehad het. Eet kreef! was in 1989 ’n groot sukses, ten spyte daarvan dat die radioliedjies verban is deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

Laudo Liebenberg (aKING) span saam met van die hotste rockers in die bedryf om weer agter die stuur van hierdie Alternatief-Afrikaanse osssewa in te skuif. Die groeplede, wat saam met Liebenberg optree, is Frank Freeman (kitaar & sang), Sheldon Yoko (dromme), Schalk van der Merwe (baskitaar) en Mikhaela Kruger (klawerbord).

Frank Freeman sê dat hulle opgewonde is om weer op die verhoog te wees met dié gesogte produksie: “Ons het vir ’n oomblik gedink die vol-band-weergawe van hierdie produksie is vir eers verby, maar weens ’n aanhoudende aanvraag vanaf mense uit die Kaap en Gauteng, moes ons eenvoudig terug kom met nog. Met musiek wat ontstaan het in ’n onstuimige tyd, bring ons dit terug in ’n nuwe onstuimige tyd. Dit voel reg en ons kan nie meer opgewonde wees om weer hierdie musiek te speel in ons voltallige vorm nie.”

Freeman onthou hoe die idee van die moderne opname van die album ontstaan het: “Ek het in 2018 weer Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en het gedink oor hoe relevant dit nou nog klink.”

Hy vertel: “Ek wou die geskiedenis van alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur in ’n nuwe produksie sit en op ’n manier die verlede en die hede bymekaar bring. Hoe meer shows ons gedoen het, hoe meer het ek gesien hoe emosioneel mense geheg is aan die musiek. Dit het my laat besef ons is besig met iets meer as net ons herinterpretasie van die musiek. Ons is besig om ’n bookskap van 30 jaar terug weer af te lewer in ’n ander tyd en ’n ander konteks, maar dis nog net so relevant soos dit destyds was.” 

Moet nie hierdie ongelooflike musiek-ervaring misloop nie!

Kaartjies Stellenbosch, koop hulle hier.

Kaartjies Pretoria, koop hulle hier.

Liefde.

BMW.

Volg Eet kreef herleef! op Instagram by @eetkreef of op Facebook deur te soek vir EET KREEF.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top