
LitNet gee 3 x 2 kaartjies weg na hierdie konsert.
Drie gelukkige paartjies kan dus staanplekkaartjies wen in die algemene arena. Hierdie kaartjies kos R350 per persoon.
Hoe om in te skryf
Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Theuns Jordaan”.
- In die e-pos self moet noem in watter stadion die Theuns Jordaan Tribute-konsert op Saterdag 6 Januarie 2024 gaan plaasvind.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 23:59 op 25 Julie 2023 bereik.
Persverklaring: Theuns Jordaan Tribute-konsert kom Kaapstad toe!
DHL Stadion, Kaapstad – Saterdag 6 Januarie 2024
In samewerking met eBetSA
Die grootse Theuns Jordaan Tribute-konsert wat vroeër vanjaar op Loftus Versfeld aangebied is, het die room van Suid-Afrika se kunstenaars voor ’n skare van meer as 20 000 toeskouers byeengebring, om in ’n wêreldklasproduksie hulde te bring aan die ikoniese Theuns Jordaan.
Ná ’n vloedgolf versoeke aan die organiseerders, is daar nou goeie nuus vir Kapenaars: Die Theuns Jordaan Tribute-konsert word vroeg in 2024, op Saterdag 6 Januarie vanaf 19h00 by DHL Stadion in Kaapstad aangebied.
Die veertien top Afrikaanse kunstenaars wat by die Pretoria konsert opgetree het, sal ook in Kaapstad op die verhoog wees om Theuns se liedjies te laat herleef in ’n uitnemende grootskaalse produksie. Konsertgangers kan uitsien na vertonings deur Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ray Dylan, Dozi, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Liezel Pieters, Lianie May en Jacques du Plessis.
Die Theuns Jordaan Tribute se konsertorganiseerder, Sonett de Villiers, sê: “Die Loftus-konsert was ’n groot viering van Theuns se lewe en musiek. Die konsert het almal se verwagtinge oortref.
“Dit was een van die mooiste en grootste gebeurtenisse in Afrikaanse musiek nog. Dit was verseker ’n enig-in-sy soort musikale belewenis en spreek boekdele vir Theuns se nalatenskap sowel as van die kunstenaars, produksiespan en kreatiewe leierskap wat passievol te werk gegaan het.
“Dit was ’n enorme projek en ons het nie voorsien om dit weer te doen nie, maar sedert die Loftus-konsert, hou Kapenaars aan met vra dat die konsert ook in Kaapstad aangebied word. Ons het navorsing gedoen en agtergekom dat daar weinig Kapenaars by die Loftus-konsert teenwoordig was.
“Ons voel verplig om iets vir Theuns se Kaapse aanhangers te bied, omdat hulle aanhou vra. Daar het baie werk, tyd en kreatiwiteit in die produksie ingegaan en dit het ’n besonderse vertolking van Theuns se musiek opgelewer. Ons sien uit om dit met net soveel passie by die DHL Stadion aan te bied.”
Die Theuns Jordaan Tribute laat Theuns se liedjies herleef in ’n reuse produksie wat deur gesoute vervaardigers Andries Pieterse, Deedee Oosthuizen en Floors Oosthuizen behartig word, in samewerking met Theuns se jarelange vriend Jacques du Plessis.
Kaartjieverkope maak komende Dinsdag 4 Julie oop. Verkope is beperk tot 20 000 kaartjies. Kry jou kaartjies by https://itickets.co.za/events/474125.
Volg ook: www.facebook.com/theunsjordaantribute
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die fees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan die organiseerders te verskaf en gee ook die reg aan LitNet en/of die organiseerders om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
- Geniet jou konsert verantwoordelik, wenner of te nie!


Kommentaar
Hoop ek is die gelukkige wenner!
Theuns was my hero-sanger.
Was my hero. Nooit 'n show gemis nie.
Is mal oor die shows wil my dogter vat. Sy was nog nooit by so een nie.
Theuns was een van ons beste sangers. Dit sal 'n voorreg wees om die 'tribute' te kan bywoon.