WAT-nuutskeppingskompetisie tydens die US Woordfees 2017

  • 0

 

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Nuutskeppingskompetisie saam met RSG en die ATKV  tydens die Woordfees. Stuur asseblief voor 12:00 Vrydag 3 Maart jou voorstelle vir die eerste rondte na wat@sun.ac.za met "Nuutskeppings" in die onderwerpsveld van jou e-pos.   Woorde hoef nie te rym of te allitereer soos in woepsiewapsie nie: Verlede jaar se wenner was weggenoot (eksman of –vrou). Daar is elke dag van 6 tot 9 Maart ’n kontantprys van R500 en die uiteindelike wenprys is vier dae vir vier persone in ’n ATKV-oord van die wenner se keuse.

Tydens die Woordfees sal daar drie gesprekke by die WAT in Banghoekweg 115 plaasvind, nl:

6 Maart om 11:00 (50 min)

Woord van die week: van stigtelik tot stuitig
Willem Botha en Gerhard van Wyk

7 Maart om 11:00 (50 min)

Oor pastiche, persiflage, parodie en plagiaat: die dilemma van ’n woordeboekmaker
Alet Cloete en Frikkie Lombard

8 Maart om 11:00 (50 min)

Heita, helikopterpappie! Nuwe Afrikaanse woorde op ’n nuwe platform
Willem Botha en Hanelle Fourie Blair

Daar is net 50 plekke beskikbaar, bespreek dus vroegtydig by 021 887 3113 / wat@sun.ac.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top