Vrystaat Kunstefees 2018: Literatuurfees by NALN

  • 0

NALN stel met groot opwinding die Vrystaat Kunstefeesprogrom vir 2018 bekend. Die volledige program kan hier afgelaai word.

Die Vrystaat Kunstefees-App kan via Google Play Store op ’n Android-selfoon of mobiele toestel afgelaai word.

Koop kaartjies deur Facebook, by Computicket of laai die Vrystaat Kunstefees-App af.

Ons sien baie daarna uit om jou van 8 tot 14 Julie 2018 in Bloemfontein te ontvang!

As deel van die Literatuurfees bied NALN* ook sy eie program aan.

Die Hulde aan helde-reeks word voortgesit met paneelgesprekke oor verskeie skrywers en hul nalatenskap. Kom gesels saam oor:

The Celebrating Heroes series is being continued with panel discussions about several writers and their legacy. Come and join the discussions about:

Hulde aan helde: JRR Tolkien-bustoer, aangebied deur Leana Lategan van NALN
12 Julie, 16:30 by NALN

Prys: R220
Tydsduur: 150 min
Taal: Afrikaans

Befaamde fantasie-skrywer JRR Tolkien is in Bloemfontein gebore en spandeer die eerste drie jaar van sy lewe hier. Gaan saam met Leana Lategan op toer na van die belangrikste plekke van sy jong lewe in Bloemfontein. Philip de Vos, bekroonde vertaler, sal gedeeltes van die toer met vertellings aanbied. Sluit die toer af met skemerkelkies en ligte verversings by The Hobbit House.

Hulde aan helde: CJ Langenhoven
10 Julie, 18:00 by NALN

Prys: R25 (glas wyn ingesluit)
Tydsduur: 60 min
Besprekingspaneel: Willemien Brummer, Corlietha Swart & Johan Olivier
Aanbieder: Tildie Smit
Taal: Afrikaans

In Mei 1918 skryf Cornelis Jacobus Langenhoven die Afrikaanse gedig, Die Stem van Suid-Afrika. Die gedig, alombekend as Die Stem, word in 1921 deur ML de Villiers getoonset. Dit word die eerste keer op 31 Mei 1928 in die openbaar gesing. Kom gesels saam met die paneel oor die mens Langenhoven, sy digkuns en skryfwerk, en sy nalatenskap.

Hulde aan helde: Dan Sleigh & Hermann Giliomee
11 Julie, 18:00 by NALN

Prys: R25 (glas wyn ingesluit)
Tydsduur: 60 min
Besprekingspaneel: Hermann Giliomee & Dan Sleigh
Taal: Afrikaans

Sleigh en Giliomee, twee reuse binne die Suid-Afrikaanse literêre landskap, vier albei in 2018 hul 80ste verjaarsdag. Hulle word albei wyd gereken as wêreldklas-historici wat in hul skryfwerk Suid-Afrikaanse, en veral Afrikanergeskiedenis voorop stel. Hier is hulle met mekaar in gesprek.

Hulde aan helde: Flaxman Qoopane
12 Julie, 14:00 by NALN

Prys: R25
Tydsduur: 80 min
Besprekingspaneel: Pule Lechesa, Charmaine Mwerbi & andere
Taal: Engels en Sesotho

We pay homage to Moalosi Jacob “Flaxman” Qoopane (1955–2017), known as “the father of literature and arts” in Mangaung. Qoopane was a literary activist and internationally recognised author, poet, journalist and biographer. This tribute will include a reading from his books and those written about him, as well as an audio-visual exhibition focused on the Qoopane Literary Gallery.

Hulde aan helde: Dalene Matthee
13 Julie, 9:00 by die Film Studio, UV

Prys: R25
Tydsduur: 60 min
Besprekingspaneel: Hilary Matthee, Katinka Heyns, Simon Barnard & Irene Raath
Aanbieder: Anthea van Jaarsveld
Taal: Afrikaans

Ons bring in hierdie gesprek hulde aan Dalene Matthee (1938–2005), een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers. Die 30-jarige herdenking van die filmweergawe van Matthee se bekroonde gelyknamige roman, Fiela se kind (1988), word ook gevier. Hierdie gesprek gaan ’n vertoning van die film vooraf. ’n Donasie ter waarde van R30 word vir die film voorgestel.

*Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v President Brand- en Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

Parkering is beskikbaar op die parkeerarea langs die NALN-gebou vanuit Miriam Makebastraat vir na-uurse geleenthede.

#VSKunstefees  #Litfees  #HuldeAanHelde  #VSLitfees  #NALN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top