Vrydag die 13de: Die ATKV reageer

  • 3

japie240Die gespreksdokument oor die toekomstige taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch het betrekking.

Die ATKV verstaan die problematiek oor die hantering van amptelike tale by skole en tersiêre instellings. Ons weet dis nie maklik nie.

Om egter maar heeltyd toe te gee aan druk van sekere groeperinge, dalk minderhede, en daardeur Suid-Afrika se moedertaalsprekers van hul grondwetlike regte te ontneem, om heeltyd maar af te breek ter wille van alles behalwe nasiebou, kan nie op die langer duur volhoubaar en aanvaarbaar wees nie.

Ons kan baie beter doen as dit. Wat het van ons kreatiwiteit en deursettingsvermoë geword om hierdie saak in belang van almal aan te spreek? Dit gaan geen doel dien om maar net aan te hou toegee nie.

Ons almal weet dat onderwys en opleiding in ʼn krisis verkeer. Minder as 10% van Suid-Afrika se bevolking se huistaal is Engels. Die 90%-sprekers van inheemse tale word heeltyd onder druk geplaas deur mense en instellings wat voorgee dat alles in Engels maar aanvaarbaar is.

Al die inheemse tale verdien meer as dit. Afrikaans se status as hoëfunksietaal is in gedrang. Die digter Diana Ferrus het by geleentheid gesê dat deur Afrikaanse kinders in Engelse skole te sit, leer jy hulle om slegte Engels én slegte Afrikaans te praat.

Ons sal meer moet praat. Die wonderlike diversiteit van Suid-Afrika vereis dit.

Japie Gouws
Besturende direkteur ATKV-groep
13 November 2015

  • 3

Kommentaar

  • Die vraag is of daar die politieke wil onder Afrikaans-sprekendes is om op te kom vir Afrikaans. Soos wat dit vir my lyk, het die meerderheid Afrikaans-sprekendes nie veel erg aan die taalstryd nie. Dit gaan eerder oor issues soos regstellende aksie, dienslewering ens. Miskien moet iemand bietjie 'n meningspeiling onder Afrikaanssprekendes doen om vas te stel hoeveel werklik vir taalpolitiek omgee.

  • 1) Afrikaans en Engels is, na my mening, die enigste twee tale in die RSA wat die toets van die akademie deurstaan het. Ander tale verdien ontwikkeling as moedertaal-onderrig ondersteun word, maar pogings uit eie geledere word benodig. 2) Verenigings wat Afrikaans ter harte neem, blyk so gefragmenteerd te wees dat dit geen weerstand bied teen die huidige poging om Afrikaans (af) te breek nie. 3) Die punt dat dit nie US se werk is om Afrikaans te verdedig nie. Wie se verantwoordelikheid is dit dan? Veral as al die ander universiteite ook so dink. 4) Watter druk word nou op ander universiteite geplaas?

  • Avatar
    Philippus Janse van Rensburg.

    Meer moet praat? Wanneer sal ons ophou praat én hardloop en sê, nee, dis nou genoeg, óf julle verstaan nou, óf ons vat ons goed en loop ons eie pad! Maar ... ons is bang, want daar is skrikwekkende toekomsbeelde wat opdoem! Dalk sal ons uiteindelik daartoe gedwing word om voor hierdie monster te staan, en mag God ons help dat ons wysheid sal hê! Ek is oud en ys om te dink wat met my kleinkinders kan gebeur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top