Vrouedag-skryfkompetisie: My oumatjie

  • 0

nêrens ter wêreld is daar nóg so ’n ouma
wat soveel liefde in haar het om te gee
haar hart is altyd oorlopens toe vol
met tonne liefde en geduld vir elke kind
nou vra jy my waarom is sy so bemind?
soms sal ek skielik terugdink aan my kinderdae
en telkens kom die beeld van haar.
ek ruik meteens die bekende reuk van haar hare (Fiësta-haarsproei)
en sien weer die vlekkies en kreukels op haar hande
dié hande wat alles wat stukkend was, weer kon heel.
ek verlang na die vakansiedae by haar
dan was dit bederf van hier tot daar
dit was vrugtelekkers en gemmerkoekies
en moenie van die kleurvolle "kiepiemieliebolle" vergeet.
dit alles het haar twee hande self gemaak
nooit was dit vir haar ’n moeitevolle taak
Oumatjie het my so baie geleer
van boeke oortrek tot om ’n ware dame te wees.
noudat ek groot is, besef ek hoe swaar dit moes wees
om vir al ons kinders ’n goeie opvoeding te gee
ek was ’n hardkoppige kind en het dit nog moeiliker gemaak
maar deur dit alles deur, was dit ’n suksesvolle taak
ek is nou groot en het kinders van my eie
mag ek ook eendag wees soos Ouma – beskeie
die liefde openbaar teenoor my kleinkinders
en te kan sê: "Ek het dit by my Ouma geleer."
dankie liewe Ouma – Ouma het ons goed geleer
Ouma is vandag "soete 90"
maar nog net so dierbaar soos toe.
daarom wens ek Ouma geluk
met die wonderlike dag,
en dank ons die Liewe Heer
dat Ouma ons so baie kon leer

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top