Vrouedag-skryfkompetisie: Ma

  • 1

Hier sit ek voor jou, smeer jou gebarste hakke
met trane wat vryelik vloei oor jou jare se seer
elke bars vertel sy storie
hoe jy paaie geskaaf het, sonder Vaseline of olyfolie
eelte het elkeen plek geneem, jou vroulikheid misvorm

jou vel gerek en pap, van vrou en ma wees
letsels en merke soos ’n landkaart wat praat
van vegterskap in jou vaardighede
en tog het jy saans met die Bybel, jou lafenis,
langs die warmte van die kolestoof
aan die slaap geraak om ons paaie gelyk te maak

jou swart natuurlike pruik het in grys verander
en nou, Ma, kyk jy na jou saad wat met wysheid
voortgeplant het
jou woorde het verminder na jare se preek
en jy luister nou of jou handewerk
vrugte afgewerp het van jou diens

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top