Lady Diana Spencer
word as prinses gekroon
in gebroke kinderharte
het sy gewoon
Die stoere monargie
kon haar nooit verstaan
hoe kan ’n koninklike
tussen vigslyers staan?
Haar droomprins se liefde
het sy nimmer gewen
met ’n skaam glimlag
het sy hartseer geken
Haar kroos was met liefde versorg
maar net ’n doodgewone ma
Diana, prinses van harte
jy het nie veel gevra
Die paparazzi het jou gejag
jy wou net vrede vind
jou vlam word geblus
soos ’n kers in die wind
In my jongmeisiehart
het jy drome geplant
goedheid gestrooi
na elke kant
Immergroen droomprinses
van sjarme en glans
vandag vereer ek jou
met ’n spierwit rosekrans


