Mariaan is ’n 50-jarige skrywer en digter, wat in 2018 ’n rubriekskryfsertifikaat deur SA Vryskutskrywers verwerf het. Sy het onlangs die top 24-kortlys in die Ingrid Jonker-digkompetisie gehaal. In 2018 het twee van haar gedigte in die ASB Sprankelbundel (Montagu-boekefees 2018) verskyn, en in 2019 het twee van haar gedigte eerste en derde plek in die ASB Kwetterbundel (Montagu-boekefees 2019) behaal. Twee van haar kortverhale verskyn ook in dié uitgawe. Malherbe-uitgewers het haar debuutdigbundel, Liefde Lewe Lag, in Mei 2019 gepubliseer. Van haar kortverhale en gedigte is ook in verskeie bundels deur Faceboek se dig- en skrywersgroepe gepubliseer. Elan Global Radio het al 23 van haar gedigte uitgesaai.