Vrouedag-skryfkompetisie: Gebed van troos vir ’n treurende moeder

  • 0

O Heer, ek lê haar by U voete neer
Want soms kan sy nie meer
Sy probeer so hard maar ek sien haar pyn en smart
Hoe durf hierdie hartseer haar so tart?

U noem dat daar geen reënboog is sonder
trane en pyn ...
Wanneer, liewe Heer, wanneer sal hierdie pyn verdwyn?
U beloof ook blydskap en vreugde ná lyding
maar wanneer sal sy weer kan sing?

Vergewe haar vrae en moet haar nie vermaan
want dis moeilik om U weë te verstaan
Waarom, waarom juis my kind
U het geweet dat liefde ons bind ...

Sy mis hom elke uur, elke oomblik, elke dag
Asseblief tog, gee haar net krag
Sodat sy kan voortgaan want sy't veel om te vermag.

Amen

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top