
Die afgelope agtien jaar word Oxford University Press se voorgeskrewe Vlooi-boek-reeks vir die grondslagfase vir die verhoog verwerk en by die Kunstekaap opgevoer. Jaarliks woon meer as 20 000 kinders die vertoning by.
Al die grondslagfase-leerders van Laerskool Stellenbosch het vanjaar die teaterproduksie bygewoon en sommige graad een-leerders deel hier, met hul ouers sowel as die skool se toestemming, hulle indrukke van die produksie. Die indrukke word gepubliseer soos wat dit geskryf is, taalblapse en al. Elke kind is gevra wat hulle van die produksie sal onthou.

Kyle Seconna as B Mol Majoor (foto verskaf)
Graad een-leerders se indrukke:
Paul Haumann: Die beste deel was toe die genie vir die een seen ’n bal gegee het. En die ander seen ’n bal gegee het en die een seen in sy hand geblaas het.
Aletta Morris: Fliut het oulik gelyk. Bas en Sol was snaaks en stout. Dit was baie lekker.
Christine du Plessis: Die lekkerste was toe die towersleutel vir Vlooi gevat het na die musiekfabriek. Vlooi was lekker!
Chelsea Wentzel: Die lekkerste en beste was toe die genie gekom het. Toe dit donker was was ek bang. Die towersleutel was mooi.
Douglas Fuchs: Die lekkerst vas vir my toe die deur oop ge maak het en toe het die gelyd oor die julu wereld ge gaan.
Maja Meyer: Die lekkerste dig was toe die genie uit die lamp kom en toe die tropet Vlooi ge speel het. Dit was snaaks toe Vlooi die trompet ge speel het. Ek was bang toe dit dongr was.
Isabella Visser: Die lekkerste vir my was die bigin waar die ligti af gaan. Die trompet was ongelooflik. Vlooi het die jiltyt blapsmusiek gese. Die konsert was baie lekker.
Ami de Wet: Vlooi het die musiekfabriek geys. Bas en Sol het die trompet gesteel. Dit was baie lekker.
Christi Kriel: Vlooi het die trompet gevryf. Toe het daar ’n man uit gekom. Hy was ’n towerkuns. Toe maak Vlooi drie wense. Dude het vir Vlooi gehelp om die deur oop te maak. Dit was ’n lekker uitstapie.
Hannah Griffioen: Dit was lekker. Vlooi het die trompet gevryf. Toe kom daar ’n genie. Wow! Sê Vlooi ’n genie! Die genie gee vir hom 3 wense en die toowirsleetil gloei.
Sofia Kröger: Vlooi het ge wens dat hy die bladmusiek kon lees. Vlooi het die trompet gefryf en toe kom daar kom ’n genie.
Lisa Booysen: Vlooi was snaaks. Bas en Sol was skelm. Die towenaar was cool. Die majoor was ook daar. Helle het die musiekfabriek ge ret. Die uitstappie was lekker.
Liya Klopper: Man oor was baie kwaai, maar Vlooi het die dag ge red! Vlooi was baie snaaks. Dit was baie lekker.
Evan Lotriet: Vlooi was baie lekker. Ek was ’n biki bang vir die donkir. Die musiekfabriek hetge vris. Die konsert was lekker. Ek wil graag weer gaan.

Elanza Swart as Vlooi (foto verskaf)
Produksieopsomming
Vlooi ontdek ’n ou trompet en besluit dit sal ’n heerlike uitdaging wees om sommer musiek te leer speel, maar hy kom agter dis nie so eenvoudig nie – veral nie met dié spesifieke trompet nie. Alles is nie soos wat dit wil voorkom nie en sy eerste pogings het katastrofiese gevolge. Vlooi se geskarrel om alles weer reg te stel lei hom tot die wonderlike avontuur in die magiese Musiekfabriek.
Kunstekaapteater
Tyd: 9:30 en 11:00 elke weeksdag
http://www.artscape.co.za/event/vlooi-en-die-musiek-fabriek/

