Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Vrydag 22 Julie 2022

  • 0

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister?

Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram:

00:24 Gister se feite, vandag se storie

Hoe weef ’n romanskrywer sy navorsing soomloos deur sy storie, en hoe gee ’n niefiksieskrywer sy feite kleurryk weer? Met Een of ander held gebruik Zirk van den Berg die geskiedenis van Duitswes-Afrika en ’n karakter wat in opstand is teen die bestel wat hy moet dien as die vertrekpunt van sy roman, terwyl Nicol Stassen die kwasterige Dorslandtrekkers se verdere spore in Van Humpata tot Upingtonia dokumenteer.

Fransjohan Pretorius in gesprek met Nicol Stassen en Zirk van den Berg

06:49 1 Recce – Die manne agter die mite

Twee lede van die SAW se spesiale magte gesels oor die geheimhouding rondom dié elite-groep soldate, terwyl die skrywer – ’n lid van die “moedermag”, 1 Recce – die operasies onthou, maar ook ligter oomblikke, soos rugby met ’n mak leeu.

Abel Esterhuyse gesels met Alexander Strachan en Clive Cupido

07:22 Rusland en SA – ’n ongemaklike huwelik

Die inval in Oekraïne het die kollig opnuut laat val op SA se historiese bande met Rusland, die onderwerp van ’n vurige bespreking tussen die skrywer Leopold Scholtz, ’n Russiese historikus en ’n teoloog wat ses jaar in Kiëf gewerk het.

Piet Croucamp gesels met Leopold Scholtz, Irina Filatova en Erik von Alten.

10:47 Wie is Die Siener?

Om met die helm gebore te word, het Gerald Burger die vermoë gegee om in die toekoms te sien. Dié talent het hom ook ’n eensame man gemaak. Hy deel hoogtepunte uit sy uiters ongewone lewe en van sy opspraakwekkende voorspellings.

Hannes van Wyk gesels met Gerald Burger

11:20 Hoerkind

Die bekende joernalis deel randeier-staaltjies uit sy memoires. Dit sluit herinneringe in aan ’n verblyf in die Heilsleër, sy alkoholis-ouers, waar sy liefde vir ou Afrikaans vandaan kom, en sy vriendskap met Sheila Cussons.

Joan Hambidge gesels met Herman Lategan.

14:57 Van Zyl Slabbert: ’n Man met ’n missie

Wat hou die visie en foute van Van Zyl Slabbert, briljante akademikus en politieke rockster van die 80’s, vir politieke leierskap vandag in, vra Max vir Albert, skrywer van Slabbert se biografie, en Oscar, adjunk-rektor van Fort Hare.

Max du Preez gesels met Albert Grundlingh en Oscar van Heerden.

22:28 Die getuienis met Francois Smith

’n Christelik fundamentalistiese egpaar beland op ’n baie donker plek wanneer hulle ná ’n visioen besluit om die pad te vat en getuienis te lewer. Francois verduidelik hoekom die verskillende maniere van trauma-belewenis hom so boei.

In gesprek met Marius Swart

23:41 1 Recce – Die manne agter die mite

Twee lede van die SAW se spesiale magte gesels oor die geheimhouding rondom dié elite-groep soldate, terwyl die skrywer – ’n lid van die “moedermag”, 1 Recce – die operasies onthou, maar ook ligter oomblikke, soos rugby met ’n mak leeu.

Abel Esterhuyse gesels met Alexander Strachan en Clive Cupido

Klik hier vir die volledige Woordfees TV-program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top