Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Sondag 24 Julie 2022

  • 0

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister?

Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram:

01:14 Marco Botha – Die spore van Gert Saggiestrap

Tydens sy verblyf tussen die Ju/’hoansi-San in die Omahekestreek, Namibië, het Marco die idee gekry vir Gert Saggiestrap – ’n jongman met drome, maar omstandighede wat teen hom tel. Hy deel sy seldsame ervaring en foto’s met Bun Booyens.

01:47 ’n Niewe era vi Kaaps

’n Taal wat groei, is ’n taal wat leef, sê digter en dosent Nathan Trantraal, digter en Suidooster-draaiboekskrywer Ryan Pedro, uitgewer Carolyn Meads en radio- en TV-aanbieder Lyntjie Jaars, met ’n kykie in Ronelda Kamfer se debuutroman.

Met Donovan Lawrence as aanbieder

11:38 Lien Botha – Vin

’n Boek-en-kunsaanbieding, waarin Andries vir Lien uitvra oor die wisselwerking tussen papier en beeld (soms klank) tussen haar roman, Vin, en haar karakter se webwerf, waar die leser as’t ware kan saamreis deur middel van foto’s en kuns.

In gesprek met Andries Bezuidenhout

17:33 Mynhardt se kombuis

Die eerste Kokkedoor-wenners hou reünie wanneer Tiaan vir Mynhardt ’n video wys van waar hulle die eerste keer saamwerk. Hy vra ook vir Mynhardt uit oor sy Vrystaatse koswortels, sy kookboek wat in grendeltyd gebore is, en sy liefde vir kleur.

Tiaan Langenegger gesels met Mynhardt Joubert.

Klik hier vir die volledige Woordfees TV-program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top