Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Saterdag 23 Julie 2022

  • 0

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister?

Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram:

00:14 Rusland en SA – ’n ongemaklike huwelik

Die inval in Oekraïne het die kollig opnuut laat val op SA se historiese bande met Rusland, die onderwerp van ’n vurige bespreking tussen die skrywer Leopold Scholtz, ’n Russiese historikus en ’n teoloog wat ses jaar in Kiëf gewerk het.

Piet Croucamp gesels met Leopold Scholtz, Irina Filatova en Erik von Alten.

03:38 Wie is Die Siener?

Om met die helm gebore te word, het Gerald Burger die vermoë gegee om in die toekoms te sien. Dié talent het hom ook ’n eensame man gemaak. Hy deel hoogtepunte uit sy uiters ongewone lewe en van sy opspraakwekkende voorspellings.

Hannes van Wyk gesels met Gerald Burger

04:11 Hoerkind

Die bekende joernalis deel randeier-staaltjies uit sy memoires. Dit sluit herinneringe in aan ’n verblyf in die Heilsleër, sy alkoholis-ouers, waar sy liefde vir ou Afrikaans vandaan kom, en sy vriendskap met Sheila Cussons.

Joan Hambidge gesels met Herman Lategan.

Klik hier vir die volledige Woordfees TV-program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top