Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Maandag 25 Julie 2022

  • 0

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister?

Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram:

00:53 Lien Botha – Vin

’n Boek-en-kunsaanbieding, waarin Andries vir Lien uitvra oor die wisselwerking tussen papier en beeld (soms klank) tussen haar roman, Vin, en haar karakter se webwerf, waar die leser as’t ware kan saamreis deur middel van foto’s en kuns.

In gesprek met Andries Bezuidenhout

01:25 Pip Williams – Dictionary of lost words

Vanuit haar studeerkamer in Adelaide, vertel dié Australiese skrywer vir Elna meer oor die storie agter die storie van haar topverkoperdebuutroman en oor die verwonde, moederlose hoofkarakter, Esmé, se liefde vir “verlore” woorde.

Elna van der Merwe gesels met Pip Williams

12:13 Retoervloot met Dan Sleigh

’n Dronk seiner op Leeukop laat in 1713 toe dat ’n VOC-skip die Kaapse hawe binnevaar. Dit lei tot ’n massaslagting wanneer pokke, waarvan die admiraal se vyf kinders herstel het, onder die plaaslike inwoners begin versprei.

Met Heinz Mödler as gesprekleier

13:00 ’n Love letter aan kos

Die skrywer vertel hoe haar kosverslawing die inspirasie was vir ’n hoofkarakter wat háár verslawing as inspirasie gebruik om ’n skrynend snaakse verhaal te skryf oor ’n mislukte verhouding en ’n allesverterende passie vir kos.

Ingrid Winterbach praat met Adele Vorster; Llandi Beeslaar lees voor.

18:45 Kaptein Ben Bliksem Booysen

Marinda Steyn en haar kinders het gruwellegendes geword met hulle moordtog in Krugersdorp. Kaptein Ben Booysen vertel hoe hy man-alleen ingeklim het en die net nouer kon trek tot en met die arrestasie van ses mense vir minstens 11 moorde.

Met Jana Breytenbach as gesprekleier

19:17 Digtersparadys 2022

’n Goue herfsmiddag met poësie en musiekbegeleiding deur Wilken Calitz word afgesluit met Dean Balie se spesiale musikale voorlesing uit die nuwe Adam Small-versamelbundel.

Met Philip de Vos, Lynthia Julius, Elias P Nel, Louise Boshoff, Grant Jefthas en Franco Colin, Dean Balie (voorleser) en Kabous Meiring (aanbieder)

22:57 Mynhardt se kombuis

Die eerste Kokkedoor-wenners hou reünie wanneer Tiaan vir Mynhardt ’n video wys van waar hulle die eerste keer saamwerk. Hy vra ook vir Mynhardt uit oor sy Vrystaatse koswortels, sy kookboek wat in grendeltyd gebore is, en sy liefde vir kleur.

Tiaan Langenegger gesels met Mynhardt Joubert.

Klik hier vir die volledige Woordfees TV-program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top