US Woordfees 2018: Melk en vleis, ’n twietindruk

  • 0

Sedert die vorige US Woordfees het die sosiale mediaplatform Twitter sy karakterbeperkings verslap en kan gebruikers nou 280 karakters twiet in plaas van 140. LitNet hou met belangstelling enige aanlynontwikkelings en -woelinge dop — en LitNet probeer ook soveel moontlik US Woordfeesproduksies bywoon, absorbeer en erkenning gee aan die kunstenaars betrokke.

US Woordfees 2018 het pas ten einde geloop. Mens wil nog onthou, al het 'n nuwe week afgeskop. Hiermee Naomi Meyer se oor-die-skouer-indruk, kort genoeg om te twiet, van een van die laaste produksies op vanjaar se program.

Melk en vleis

1996. Is dit soos wat Suid-Afrika was? Hoe ver het ons gekom! Hoe baie het dinge nog dieselfde gebly. Sisteme wat steeds in stand gehou word: seksisme & rassisme aan die orde van die dag. Medea, met haar het ek empatie. Nee, mag die toneelstuk anders eindig! Verpletterende slot.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top